Watter dag is Jesus gekruisig

Elke jaar rondom paasfees is daar ‘n polemiek in Christen geledere oor wanneer Jesus gekruisig is. Die algemeen anvaarde siening is dat Jesus op ‘n Vrydag gekruisig is vandaar dan ook die benaming Goeie Vrydag.

Party mense wys egter na Jesus se uitspraak in Mat 12:40 “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” Volgen hulle is dit 72 uur en is dit dus nie mootlik dat Jesus eers laat die Vrydag middag begrawe is nie.

Hulle ignorreer egter die volgende feite:

  1. Jesus het gesê Hy sal op die derde dag op staan.

Mat_16:21  Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word. 

Mat_17:23  en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword. 

Mat_20:19  en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan. 

Mar_9:31  Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. 

Mar_10:34  en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. 

Luk_9:22  En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan

Luk_18:33  en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. 

Luk_24:7  Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. 

  1. Die graf is net bewaar tot die derde dag.

Mat_27:64  Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste. 

  1. Die Émmaüs gangers praat met Jesus op die derde dag nadat hy gekruisig is.

Luk 24:20  en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. 

Luk 24:21  En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het. 

Luk 24:22  Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was; 

  1. DIe Apostels het dit verkondig dat Jesus op die derde dag opgestaan het.

Han_10:40  Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn 

1 Kor_15:4  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; 

Indien ons dus enige ander dag as Vrydag neem as die dag van die kruisiging, is al hierdie skrifgedeeltes, wat Sondag ( die eerste dag van die week) aandui as die dag van opstanding, feitlik verkeerd.

Die vraag is dus wat maak ons met drie dae en drie nage waarna Jesus in Mat 12:40 verwys.

Dit sou goed wees as ons na ander voorbeelde kyk waar soortgelyke uitsprake gemaak is.

Kom ons kyk na Ester se versoek dat die Jode drie dae lank, nag en dag, vir haar moes vas, voordat sy na die koning sou gaan.

Est 4:16  Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om

Sy wag egter nie 72 uur voor sy na die koning gaan nie maar ons lees in Est 5:1 “Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning

Daar is ook die geval van die Egiptenaar in 1 Sam 30:11 – 13. 

1Sa 30:11  Toe vind hulle in die veld ‘n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink. 

 Daarby gee hulle hom ‘n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie. 

En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is ‘n Egiptiese seun, die slaaf van ‘n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het. 

Let wel dit word beskryf dat hy drie dae en drie nagte niks te ete of drinke gehad het nie, nogtans sê hy dat hy slegs drie dae gelede siek geword het.

In 1 Kon 20:29 lees ons van die kinders van Israel wat sewe dae lank teenoor hulle vyande gekamp het, maar dan lees ons ook dat hulle die geveg die sewende dag begin het. 

1 Kon 20:29  En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderd duisend voetgangers op een dag verslaan. 

Josef wat sy broers vir drie dae gevange hou maar hulle op die derde dag laat gaan is nog ‘n voorbeeld waar ‘n gedeelte van ‘n dag as ‘n volle dag gesien word.

Gen 42:17 – 18  Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring laat hou. En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!

Dit is duidelik uit al die voorbeelde dat die Jode nie drie dae en drie nagte as ‘n volle 72 uur periode gesien het nie. Hiedie is maar net nog ‘n voorbeeld waar ons die Skrif self moet toelaat om die Skrif te interpreteer.

Selfs na Sy opstanding bevestig Jesus dat van die kruisiging toe en met die opstanding slegs drie dae was:

Luk_24:46  En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, 

As dit dan so is dat Sondag dag drie was, dan was Saterdag dag twee en gevolglik is Vrydag dan dag een en die dag waarop die kruisiging plaasgevind het.

Die eerste dag – VrydagDie tweede dag – SaterdagDie derde dag – Sondag
Donderdag aand na sesVrydag gedurende die dagVrydag aand na sesSaterdag gedurende die dagSaterdag aand na sesSondag gedurende die dag
Jesus eet pasga saam met dissipels.

Jesus was hulle voete.
Jesus in Getsémané.

Jesus word gevang en na die hoëpriester geneem. (Eers na Annas en toe na Kájafas)
Jesus versky voor Pilatus en Herodes.Pilatus gee opdrag dat Jesus gekruisig moet word.

Jesus word die derde uur (9 uur die oggend) gekruisig.

Die son verduister diesesde uur ( 12 uur).

Jeus sterf die negende uur ( 3 uur die middag).
Jesus word begawe voor die die Sabbat aanbreek ( 6 uur die aand).
Jesus se liggaam in die graf.Die owerpriesters en die Fariseërs kry toestemming om graf te laat bewaak tot die derde dag.En toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf. 

Jesus staan op uit die graf.
En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.

Die graf is leeg. 

Jesus verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het. 

Jesus verskyn aan Simon.

Jesus verskyn aan die Émmaüs gangers.

Jesus verskyn in die aand aan die dissipels.

Leave a comment