Aborsie

Alhoewel die woord aborsie nie in die Bybel voorkom nie, kan ons tog duidelik  uit die Woord sien hoe God sy verhouding met die ongeborene beskryf.

Die idee is nie om iemand aan te val of te veroordeel nie, maar om op te staan vir waarheid en waardes in God se woord. 

In die boek Counter Culture deur David Plattd skryf hy die volgende in die inleiding: “on popular issues like poverty and slavery, where Christians are likely to be applauded for our social action, we are quick to stand up and speak out. Yet on controversial issues like homosexuality and abortion, where Christians are likely to be crtized for our involvement, we are content to sit down and stay quiet.”

Elke lewe is tog ‘n geskenk van God, 

Job sê daar is geen verskil tussen hom en sy slaaf nie, beide is deur God geskape:

Job 31:15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie

En Jeremia wat die Here direk aanhaal in Jer 1:5 waar God sê:”Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken

Dawid kan dan ook skryf in Ps 139: 13 “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

En in vers 16 “U oë het my ongevormde klomp gesien

Die grootste rede waarom kinders nie lewend gebore word nie,  is aborsies en ek glo dit is die kinders van God, die gelowiges wat hier moet opstaan en iets daar aan doen, Ons eer die Here vir pro-life groepe  en organisasies, wat nie alleen vrouens tydens swangerskappe bystaan nie, maar ook na die geboorte van die baba help. 

Die debat rondom aborsies word baie keer  gekenmerk deur die gebruik van woorde wat die aandag wegneem van die baba en die indruk skep dat dit groetendeels oor die ma gaan. 

Dit werk gewoontlik goed vir die pro-aborsie groepe, so sal hulle byvoorbeeld sê dat dit eintlik oor die reg van die ma gaan om ‘n keuse uit te voer, of dat dit oor gesondheidsorg gaan.

Het u al ‘n oomblik stil gestaan en gewonder oor die tiepe gesondheidsorg.

Twee mense gaan in by ‘n mediese  kliniek of fasiliteit, die een is gewaarborg om dood gemaak te word, en die ander kom uit met of fisieke of emosionele  letsels wat vir jare na die prosedure nog gaan bly.

In ‘n artikel, How abortion harms women

skryf Dr Kathy Wallace

  • I have met many women who deeply regret having elected to abort their babies. Some, when asked about their previous pregnancies, don’t even think to count the ones that ended in abortion by choice, others seemed ashamed and try to avoid talking about past abortions. Others weep with deep regret when talking about their abortions, even those that occurred decades ago. One woman, who went on to have several other children, was deeply bitter and hurt by being forced to abort her first baby due to her being a young, single mother many years earlier. All such women are, and ought to be, treated with utmost respect and care, provided with counselling supports and given every chance to heal. Those having abortions for medical reasons, such as anencephaly (a condition where the baby’s brain fails to develop), are still wracked with horrendous sorrow and profound grief. One woman is unable to go back to the hospital where she experienced giving birth to a stillborn baby many years ago, as the memories are still painfully unbearable. Pregnancy loss is a cause of deep grief for many women regardless of how the loss occurred. We are reminded that God’s grace and forgiveness is the starting point for healing. This is available for all who repent of their sin—including the sin of abortion—and turn to Him for forgiveness through what Jesus has done for us in taking the punishment for our sin.

Ek wil graag die laaste paar woord herhaal; Ek glo hierdie woord van Dr Wallace is werd om te onthou wanneer ons oor die saak praat: luister weer   “ Pregnancy loss is a cause of deep grief for many women regardless of how the loss occurred.

En dan gaan sy aan om te sê “We are reminded that God’s grace and forgiveness is the starting point for healing. This is available for all who repent of their sin—including the sin of abortion—and turn to Him for forgiveness through what Jesus has done for us in taking the punishment for our sin

Dit sal egter ook goed wees as ons as lede van Christus die waarskuwing in Gal 6:1 sal onthou: ” Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

Terwyl ek oor die onderwerp gelees, gedink en gebid het, het een gedage sterk na vore gekom en dit is dat ons nie nodig het om vinger-swaaiend vrouens van moord te beskuldig nie,

Die woord sê hulle weet klaar wat hulle doen is verkeerd;  Rom 2:15 sê dat hulle gewete saam getuienis sal gee , en hul eie gedagtes hulle sal beskuldig.

Daar word gesê dat tot 6 uit elke 10 onbeplande swangerskappe in aborsie eindig.Totale aborsies word aan gegee as 3 uit elke 10 swangerskappe.

Getalle so hoog as 73 miljoen word genoem aan totale aborsies wêreld wyd per jaar.

Hier by ons in Suid Afrika, word gepraat van tot 260 000 babas per jaar wat ge-aborteer word. 

Meer as 50% daarvan word geskat as onwettige aborsies.  Die wet wat op 1 Februarie 1997 in werking gestel is, bepaal dat tot op 12 weke aborsie wettiglik op versoek gedoen kan word, tussen 13 tot 20 weke word dit toegelaat vir mediese rede , bloedskande en verkragting of waar die moeder van mening is dat haar ekonomiese of sosiale omstandighede genoeg rede is om die swangerskap te be-eindig.

Interessant om daarop te let dat slegs 1 tot 1.5 persent van aborsies omrede verkragting of bloedskande gedoen word. Die oorgrote hoeveel van aborsie gaan oor sosiale omstandighede.

Die dood het altyd ‘n impak op iemand, maak nie saak wie dood gaan nie, daar gaan iewers ‘n ma of pa, ouma of oupa, broer of suster , kind vriend of familie lid wees wie diep getref gaan  wees wanneer iemand sterf. Die rede hiervoor is dat God die mens nie geskep het om te sterf nie. Die mens is eintlik mos ‘n geestelike wese, Gen 1:26  “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis”, Die dood was nooit ‘n opsie nie, vers 28 sê “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde

Maar ons leer dan van die val in Gen 3, hoe sonde die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood.  1 Kor 15 sal dan ook vir ons sê, die dood is die vydand.

En dit is geensins anders omdat dit kinders is nie, in teendeel dit is soveel erger as dit ‘n kind is.

Soos ek, het baie van u seker ook groot geword met die idee, dat dit kinders is wat eendag hulle ouers begrawe, nie ouers wat hulle kind moet begrawe nie.

Die van u wat miskien self al direk of indirek betrokke was by die dood van ‘n ongebore kind sal weet dat dit uiters traumaties kan wees.Vir beide ouers, maar veral vir die moeders kan hierdie ‘n baie intense tyd in hul lewens wees. 

Vir ons as Christene is daar egter die hoop in en op Christus.

Eerstens weet ons dat ons die kindjie weer eendag sal sien, soos Dawid gesê het in 2 Sam 12 toe hy besef het die kindjie is dood, “Maar nou is hy dood—waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.”

Dawid word versterk en vertroos deur die wete hy gaan sy kind weer sien, nie hier op aarde nie maar die kindjie wag vir hom in die hemel;

En tweedens in die tye van dood, rou ons nie alleen nie. Onthou u die weduwee van Nain. ( Luk 7) 

Die Woord sê toe Jesus haar sien terwyl hulle haar seun uitdra, het Hy innig jammer vir haar gevoel. Die woorde “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” kry skielik nuwe betekenis wanneer ons besef die Here weet nie net van jou moeilike omstandighede nie, maar Hy beleef dit saam met jou.

Wanneer ons nou oor aborsie praat, moet ons besef dat baie van die emosie en trauma teenwoordig by die dood van ‘n ongebore baba as gevolg van mediese redes, is ook teenwoordig by die dood van ‘n baba as gevolg van ‘n aborsie. 

By aborsie het ons natuurlik nog die bykomende feit dat dit ‘n doelbewuste besluit was. In die meeste gevalle waar daar op aborsie besluit word is dit dood eenvoudig omdat dit meer gaan oor die ouer of ouers,se omstandighede.

En ek dink dit is hierdie feit, dat dit ‘n doelbewuste besluit is, wat aborsie so kontroversieel maak.

Vir baie is dit ‘n moeilike saak en daar is heelwat voor en teen argumente.

Die Pro-Choise teenoor die Pro-Life. Sonder om nou in al die vir en teen argumente in te gaan, glo ek vir ons as Christene is daar net twee vrae wat beantwoord moet word.

Vraag een: Is dit aanvaarbaar om ‘n onskuldige mens dood te maak?

Vraag twee: Is die ongebore wese ‘n mens?

Vraag een: Is dit aanvaarbaar om ‘n onskuldige mens dood te maak?

Hierdie vraag is ‘n moreel-etise vraag, en ek dink die antwoord uit die Bybel is duidelik.

Die bekendste gedeelte is seker uit die tien gebooie; Exo 20:13  Jy mag nie doodslaan nie.

En dan die ander bekende deel in Gen 9:6  “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.”

Hieruit is dit duidelik dat die een mens nie die ander mens sal dood maak nie, want die mens is na die beeld van God gemaak. Let wel die punt wat ons hier maak, is dat dit verkeerd is in God se oë om ‘n onskuldige medemens se lewe te neem.  Onthou dat hierdie teks nooit dogmaties gebruik kan word om te bepaal hoe teenoor die skuldige opgetree moet word nie. 

Die Bybel self het voorbeelde van mense wat ander dood gemaak het, maar die Here, God Almagtig was hulle genadig. Hulle het wel straf ontvang maar hulle eie lewens is gespaar. Dink maar net aan Kain, Moses en Dawid.

Interessant dat in meeste lande en kulture, moord as ‘n ernstige krimineele oortreding sien en gewoontlik kwaai strawwe het.

So op die vraag:  Is dit aanvaarbaar om ‘n onskuldige mens dood te maak? Kan ons beslis, Nee antwoord. Dit is nie aanvaarbaar om ander onskuldige persoon se lewe te neem nie.

Vraag twee: Is die ongebore wese ‘n mens?

Wel ons het reeds vroeër verwys na Job 31:15 , Jer 1:5 en Ps 139  God is die een wat jou in die moederskoot maak en vorm .

Daar is egter ‘n gedeelte in die Bybel wat onomwonde dit stel dat die ongebore wese ‘n mens is.

1)  Gen 25: 21 – 22 Rebekka word swanger en die Woord sê: “En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar.”  Die Hebreeuse woord  banim  wat hier gebruik word vir kinders ( dit is die meervoud van ben ) is dieselfde woord wat gewoontlik gebruik word vir kinders na geboorte. Die idee dat in die vroë stadium van die baba se ontwikkeling dit nie ‘n mens is nie, kom grootendeels uit die 1800. In die 1860s het Ernst Haeckel in sy poging om evolusie in Duitsland aan te moedig, sketse van die embrios van verskille spesies gemaak om te wys op die sogenaamde baie ooreenkomste tussen die embrios in die vroë stadim van ontwikkeling is.

Sy kolegas het egter geweet dit is verkeerd en dat die sketse ‘n bedrog spul is. Ongelukkig leef die leuen vandag nog voort. En baie jong mense glo die leuen dat veral gedurende die eerste paar weke van swangerskap dit nog nie ‘n mens is nie.

Ons weet egter van die vroegste oomblik van bevrugting af, van die heel eerste sel af is daar reeds die persoon se unieke DNS teenwoordig. Alles wat jou , jy maak, is reeds daar met die oomblik van bevrugting.

So op vraag twee: Vraag twee: Is die ongebore wese ‘n mens? Is die antwoord ja, en ons kry dit nie net uit die Bybel nie, maar ook uit die wetenskap.

So as ons hou by die basiese beginsels dan is die onderwerp eintlik nie so moeilik en kontroversieel nie.  Is dit aanvaarbaar om ‘n onskuldige mens dood te maak? nee. En is die ongebore wese ‘n mens? Ja

So dit is voor die handliggend, aborsie is die be-eindiging van ‘n menslike lewe. 

Dit beteken egter nie dat die pro-aborsie groep, of soos hulle graag bekend wil wees, die pro-choise groep, nie gaan probeer om die aandag in debatte van hierdie basiese vrae af te lei nie. Wees verseker dat vrae sal opkom soos, maar wie weet wanneer dit eintlik ‘n persoon is, of wanneer is dit nou eintlik ‘n volwardige lewe, of kan die ongeborene pyn voel, ens , ens. 

Maar dit is net ‘n rookskerm wat gebruik word, om die wat pro-lewe is van die basiese vrae weg te dwing.

Onthou, ons as Christene word eger opgeroep juis om te praat vir die wat nie vir hulself kan stry nie.

Spreuke 31:8 -9 “Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn. Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Spreuke 24:11 “Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!

Onthou, God alleen skep lewe, en God alleen het die reg om ‘n lewe te neem. 

Ps 31 sê, “My tye is in u hand

1 Sam 2:6 “Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom

Aborsie is ‘n euwel, en ons moet daarteen opstaan.

Die Bybel is baie duidelik  in Gal 5:21 dat die wat moord pleeg, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Daarom het ons ‘n plig om te praat, nie net ter wille van die lewe van die ongebore nie, maar ook ter wille van die siel van die wat by aborsies betrokke is. Ons het genoem hoe ons as Christene ‘n hoop in Christus het, die hoop op die ewige lewe en die hoop dat ons ons afgestorwe familie weer eendag sal sien.

Ons mag nie stil bly van die Hoop nie, ons hoop is Jesus Christus en die boodskap moet uitgaan

Dink vandag aan die betrokke, die ma, die pa,die baba, die dokter, die mediese personeel, dra hulle op aan die Here in u gebed. Ons kan net God vertou om mense se harts gesindheid te verander. Alleen kan ek en jy miskien nie veel vermag nie, maar deur gebed kan ons die wat op groot of kleiner skaal betrokke is se hande versterk en hul arms omhoog hou. 

Amen.