Hoe sien jy Genesis. Veral Genesis 1 to 11; Is dit ware geskiedenis of net ‘n opgemaakte storie. Maak dit saak of God regtig in ses, 24 uur dae geskep het, en of Adam en Eva werklike mense was.
Vandag is Christene die groep mense wat die meeste aangeval en vervolg word as gevolg van hulle geloof. Dit word gesê dat in tot 3 uit elke 4 lande in die wêreld vandag daar ‘n sekere mate van vervolging teen Christene is. Dit is meestal in die midde en verre ooste, Afrika en dan veral Noord Afrika.
Ons hier in die weste was tot nou in ‘n groot mate verskans teen sulke fiesiese vervolging. Dit beteken egter nie dat ons Christen geloof nie hier onder konstante aanval is nie. En hierdie aanval vandag is grootliks gemik teen Genesis 1 to 11;
Satan gebruik nog steed dieselfde taktiek wat so goed gewerk het in die begin met Adam en Eva. Het God dit werklik gesê, en het Hy dit werklik bedoel?
Ons lees in Ps 11:3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Genesis is die fondament waarop die hele res van die Bybel rus. Veral Genesis 1 to 11 waar ons leer van die skepping , die val, die vloed en die toring van Babel.
Genesis leer ons, God is die Skepper van alles daarom het Hy nie net die reg om reëls te maak nie, maar Hy het ook die reg om soos Hy goed dink op tree wanneer iemand Sy reëls oortree.
Ons leer van die val, nou weet ons hoekom daar pyn, lyding en swaarkry in die wêreld is. En nie net die mense nie maar die wêreld is hieraan onderworpe. Rom_8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
God het alles goed geskape en Hy belowe om alles weer te herstel. Slegs indien die begin hoofstukke van Genesis letterlik waar is, maak die beloftes van herstel enigsins sin.
Open_21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
Jes_65:25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
Open_20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
God belowe dat Hy dinge weer gaan herstel na hoe dit eers was, maar as dit nie letterlik so was in die begin nie, wat moet dan herstel word en waarna toe moet dit herstel word?
Ons leer van die vloed, God het gewys dat Hy ernstig is en boosheid sal oordeel, Hy wys dat hy die vermoë het om die hele aarde te oordeel.
2Pet 3:5 -7 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
En dan die toring van Babel, Nou weet ons hoekom daar verskillende mense groepe is, met verskillende tale.
Ons leer in Genesis 10 en 11 dat toe God die verskillende tale geskep het, hy dit volgens Noag se kleinseuns gedoen het , en dat die verskille groepe volgens die seuns van Sem , Gam en Jafet na verskillende lande versprei is. Daar bestaan nie iets soos verskillende rasse nie, daar is net een mens ras.
Gen 3:20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
So bevat die Nuwe testament dan ongeveer 60 verwysing net na Genesis 1 to 11 en seker die belangrikste boodskap in die Nuwe Testament, die boodskap van hoe God die mens weer met homself vesoen, is direk gebou op Genesis.
Dit is nogal insiggewend hoe die ateïste die belangrikheid en geskiedkundigheid al dan nie van die skepping en die sondeval sien. Kom ons kyk na ‘n paar aanhalings van hierdie mense en hieruit behoort u te kan sien hoe belangrik Genesis werklik is.
Die bekende ateïs Richard Dawkins ‘n evolusionêre bioloog
“Oh but of course the story of Adam and Eve was only ever symbolic, wasn’t it? Symbolic?! Jesus had himself tortured and executed for a symbolic sin by a non-existent individual. Nobody not brought up in the faith could reach any verdict other than barking mad!”
Dawkins is ‘n ongelowige, maar hy weet dat om die evangelie te verkondig sonder ‘n werklike geskiedkundige Adam en Eva, is net nie moontlik nie. Hy noem sulke mense “barking mad”
Die stelling van Richard Bozarth in die American Atheist magazine som dit so op:
“Christianity has fought, still fights, and will continue to fight science to the desperate end over evolution, because evolution destroys utterly and finally the very reason Jesus’ earthly life was supposedly made necessary. Destroy Adam and Eve and the original sin, and in the rubble you will find the sorry remains of the Son of God. If Jesus was not the redeemer who died for our sins, and this is what evolution means, then Christianity is nothing.”
Richard Bozarth , dus nog ‘n ateïs wat dit uitspel wat Biologiese evolusie beteken. As evolusie waar is, beteken die Christen geloof niks, dan is dit werklik blinde geloof gebou op fables.
En hierdie siening word ook ge-ego deur, ateïs Frank Zindler, ( verbonde aan die American atheist organisasie , was 2008 ook tydelike president)
‘The most devastating thing though that biology did to Christianity was the discovery of biological evolution. Now that we know that Adam and Eve never were real people the central myth of Christianity is destroyed. If there never was an Adam and Eve there never was an original sin. If there never was an original sin there is no need of salvation. If there is no need of salvation there is no need of a saviour. And I submit that puts Jesus, historical or otherwise, into the ranks of the unemployed. I think that evolution is absolutely the death knell of Christianity.’ (Frank Zindler, in a debate with William Lane Craig, Atheism vs Christianity video, Zondervan, 1996).
Die ateïste weet meer van redding as baie Christene en waarom die geskiedkundigheid van Genesis belangrik is. Uitsprake soos hierdie behoort die gevaarligte te laat flikker vir die wat kompromië aangaan ten opsigte van die letterlike vertolking van Genesis 1 to 11.
Hierdie ateïste / evolusioniste weet presies waaroor dit gaan, die totale Christen geloof is daarop gebou dat Genesis letterlik vertolk word.
As Adam nie ‘n regte man en Eva nie ‘n regte vrou was nie, dan kon daar nooit ‘n oorspronklike sonde gewees het nie, Jesus kan dan ook nie die laaste Adam wees nie, en hy kan nie ons bloed verwante redder wees nie. Net so, het sonde dan nie deur die handeling van ‘n mens, die wêreld ingekom nie, en dood het nie die wêreld ingekom as gevolg van sonde nie. Ons het dus ook nie ‘n sinvolle natuur ge-erf waarvan ons gered moet word nie.
Die dood is dan ook nie die laaste vyand wat vernietig moet word nie, want dit is dan juis deur die dood dat natuurlike seleksie die groter en beter in die wêreld gebring het.
As evolusie waar is dan het die volgende verse uit Romeine geen regtige waarde vir ons nie: Onthou die 3 aanhalings wat ons nou net na geluister het, al drie , ‘n direkte verwysing na Rom 5..
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
1Kor 15:24 – 26 Daarna kom die einde, wanneer Hy (Jesus) die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
Nie net sien die Nuwe Testament, Adam as ‘n werklik mens nie, maar selfs Job, in Job 31:33 verwys na Adam as ‘n werklike mens. Hier sê Job “as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, “
Wat van die waarde van ‘n mens se lewe: Weereens is dit Genesis wat waarde gee aan mense en die menslike lewe.
God het gesê “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,” God het Sy eie asem in die mens geblaas. Die lewe van die mense is vir God belangrik. God sê dan ook in Gen 9:6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
Soos in Amerika en ander plekke het Suid Afrika dit ook goed gevind om onskuldige kinders te vermoor. Volgens die South African government news Agancy, vind daar ongeveer 260 000 aborsies per jaar in Suid Afrika plaas. In Ex 21 vers 22 tot 23 lees ons dat indien ook die lewe van die ongeborene in gevaar gestel word, dan sal dit geld , ‘n lewe vir ‘n lewe. Wanneer God vandag neerkyk op die aarde wat sou Hy dink?
En wat van die instelling van die huwelik. Dat die huwelik ‘n instelling deur God tussen een man en een vrou is, kry ons uit Genesis. Jesus haal dit dan ook so aan in die evangelies wanneer Hy sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie.
Wanneer ons die geskiedkundigheid van Genesis bevraagteken, haal ons dus die fondasie weg waarop die evangelie en baie Christelike waardes en norme op staan.
In Mark 10:6 plaas hy die samevoeging van man en vrou in die begin van die skepping.
Dit is dus ook duidelik dat Jesus, Genesis as ware geskiedenis beskou.
In Markus 13:19 waarsku Jesus van die verdrukking wat op pad is, ‘n verdrukking soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
Met ander woorde weereens word die mens aan die begin van die skepping geplaas.
In Luk 11:50 maak Jesus die interessante stelling dat die bloed van Abel en al die ander profete tot op Sagaria, geëis sal word van die Jode en sê Jesus, dat hierdie bloed van die profete vergiet is van die grondlegging van die wêreld af;
Let op twee dinge hier : 1) Jesus sien Abel as ‘n geskiedkundige persoon wat geleef het en wat dood gemaak is , Indien dit nie so was nie sou die waarskuwing dat Abel se bloed geëis sou word geensins enige waarde gehad het nie. Hoe kan iemand wat nie werklik geleef het nie, vermoor word, en hoe kan jy iemand verantwoordelik hou vir die dood van ‘n fiktiewe persoon.
En 2) Het u opgelet dat Jesus sê, die bloed van al die profete is vergiet van die grondlegging van die wêreld af? Net soos Jesus toe hy oor die huwelik praat, sê dat hulle van die begin af man en vrou gemaak is net so sê Hy nou hier dat Abel (die seun van die man en vrou in die begin) se dood by die grondlegging van die wêreld geskied het.
Was Jesus foutief om te sê dat dat alles +- 6000 jaar gelede begin het soos ons in Genesis leef.
Dink daaraan Jesus sê, Hy doen en sê net wat hy van die Vader hoor.
Met ander woorde as ons sou sê dat Jesus gefouteer het oor die ouderdom van die aarde, dan sê ons dat God die Vader ook verkeerd is oor hoe en wanneer die skepping plaasgevind het?
Kan ons weer die stelling van Richard Bozarth aanhaal: Onthou U nog wat hy gesê het:
“Christianity has fought, still fights, and will continue to fight science to the desperate end over evolution, because evolution destroys utterly and finally the very reason Jesus’ earthly life was supposedly made necessary. Destroy Adam and Eve and the original sin, and in the rubble you will find the sorry remains of the Son of God. If Jesus was not the redeemer who died for our sins, and this is what evolution means, then Christianity is nothing.”
Voordat ons kortliks gaan kyk na die Christen geloof teenoor Wetenskap net die volgende aanhaling oor of Genesis ware geskiedenis is of nie.
James Barr (1924–2006), was ‘n gerespekteerde Professor in Hebreeus by die Oxford Universiteit, Toe Hy gevra is oor die betekenis en bedoeling van Genesis 1 tot 11 het hy die volgende gesê:
“[P]robably, so far as I know, there is no professor of Hebrew or Old Testament at any world-class university who does not believe that the writer(s) of Genesis 1–11 intended to convey to their readers the ideas that:
- creation took place in a series of six days which were the same as the days of 24 hours we now experience;
- the figures contained in the Genesis genealogies provided by simple addition a chronology from the beginning of the world up to later stages in the biblical story;
- Noah’s flood was understood to be world-wide and extinguish all human and animal life except for those in the ark.”
So, wat professor Barr sê is dat geen gerespekteerde Hebreeuse kenner aan enige wêreld klas akademise instelling vir jou gaan sê dat die dae van Genesis lang periodes is, of dat daar ‘n sogenaamde gaping van biljoene jare, tussen Genesis 1:1 en Gen 1:2 is nie.
Hierdie mense wat Hebreeus ken, sê daar is geen twyfel dat die boodskap van Gen 1 to 11 is dat God in 6, 24 uur dae, ses duisend jaar gelede die aarde en die hemele geskep het. Die uitdrukking in Hebreeus om van die hemel en aarde te praat beteken om alles in te sluit, met ander woorde ons begrip van die heelal.
So al die geleerde Hebreeuse professors sê, dit is die kort en lank van Genesis, Die skrywer daarvan wil die leser daarvan duidelik laat verstaan dat God die heelal en alles daarin in 6 dae geskep het ongeveer 6000 jaar gelede.
Is dit dan nie ook presies wat God in die 10 gebooie sê nie?
Exod 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Dink ‘n bietjie hier oor, as God aan die mense wou sê dat Hy ses duisend jaar gelede in 6, 24 uur dae die aarde geskep , hoe anders kon hy dit sê as:
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.
Maar terug na die stelling van Richard Bozarth:
“Christianity has fought, still fights, and will continue to fight science to the desperate end over evolution”
Die vraag is nou, is daar werklik ‘n geveg tussen die Christen geloof en wetenskap.
Die antwoord hierop is, nee, Die Christendom beveg nie wetenskap nie!
Die Bybel is nie ‘n wetenskap handboek nie, maar elke stelling in die Bybel wat ‘n wetenskaplike aspek aanraak is wetenskaplik korrek.
Die wêreld en die hoofstroom media daar buite wil almal graag laat glo dat dit die Bybel teen die Wetenskap is, maar dit is nie die geval.
U het seker al die aantuigings gehoor dat as jy evolusie uit die wetenskap leerplan wil haal, dan moet jy ook swaartekragleer daaruit haal.
Maar so ‘n argument is foutief omdat dit appels met lemoene will vergelyk.
Swaartekrag is deel van operasionele wetenskap. Ons kan dit in ‘n laboratorium demonstreer, toets, herhaal ens. Dit is die tiepe wetenskap waarop al ons hedendaagse uitvindsels en tegnologie gegrond is.
In teenstelling met operasionele wetenskap is daar egter ook iets soos geskiedkundige wetenskap. Hier dink ons veral aan paleontologie, waar die weteskaplikes ou bene uitgrawe en dan ‘n storie daaroor publiseer. Waar operasionele wetenskap altyd vir jou dieselfde antwoord gee, maak nie saak wie dit doen nie, sal ons gou agterkom met geskiedkundige wetenskap werk dit nie so nie.
Met operasionele wetenskap sal jy byvoorbeeld vind water kook altyd by dieselfde temperatuur by see vlak. Wanneer die paleontoloog egter ‘n storie bou oor ‘n been wat hy iewers opgegrawe het, is daardie storie altyd onderhewig aan toekomstige verandering soos meer inligting na vore kom, en die een wetenskaplike stem nie noodwendig saam met storie wat die ander een vertel nie ens.
So het dit dan ook al gebeur dat stories wat as groot nuus bekend gestel is later as totaal onwaar bevind is. Ons dink byvoorbeeld aan evolusie se groot wens om ‘n vermiste skakel te vind.
Baie goeie werk word deur forensiese wetenskaplikes gedoen, en vandag word dit reg oor die wêreld gebruik in hofsake, maar die punt is hulle kan foute maak, veral wanneer hulle ‘n storie bou oor wat gebeur het, sonder ooggetuie verslae.
Let wel dat wanneer dit oor die begin van die hemele en die aarde gaan, is die debat is nie oor wetenskap of die data nie, die debat gaan altyd oor die stories wat rondom die data vertel word.
Dit is soos die bekende Grand Canyon, Die evolusionis kyk daarna en sê, kyk wat het ‘n bietjie water oor miljoene jare gedoen. Die Bybel gelowige kyk daarna en sê kyk wat het ‘n groot massa water binne ‘n klein tydjie gedoen.
In die Bybel storie oor die skepping het ons nie net ‘n ooggetuie verslag nie, maar die vehaal word vertel deur die een wat deel was daarvan. Jesus, Die bekende gedeelte in Johannes 1 lees:
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
En in vers 14 : En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Ons moet aan God die eer gee, maar watter tipe eer gee jy as jy die skeppings verhaal nie glo nie.
Die mense wat hulle op die wetenskap beroep as rede waarom hulle nie die Bybelse skeppings verhaal, as geskiedundig korrek aanvaar nie, sit met die probleem dat as hulle konsekwent wil wees, hulle ook die maagdelike geboorte van Jesus, en Sy opstanding uit die dood nie as letterlik kan verkondig nie, want nie een van die twee is wetenskaplik korrek nie.
Onthou, Christene, wat ‘n kompromie met die wêreld aangaan oor die eerste 11 hoofstukke van Genesis, doen dit nie op grond van wat hulle in die Skrifte lees nie, maar omdat hulle dink die Wetenskap het anders bewys.
U sien wanneer jy die wetenskap jou hoogste outoriteit maak, moet jy noodgedwonge sekere dele uit jou Bybel uitskeur. En soos ons reeds voorheen daarna verwys het, is dit juis daardie dele in die Bybel waarop die evangelie gegrond is.
Ek wil dit weereens beklemtoon dat u nie Operasionele wetenskap met Biologiese evolusie moet verwar nie. Die Bybel is geen sins in stryd met Operasionle wetenskap nie.
Voorstanders van evolusie en ‘n aarde wat biljoene jare oud is, mislei mense deur hulle te laat glo dat dieselfde vereistes vir beide operasionele wetenskap en evolusie leer geld.
Onthou operasionele wetenskap, soos die ontwerp en bou van jou nuwe selfoon, geskied in ‘n laboratorium waar elke stukkie tegnologie en onderdeel deeglik getoets word.
Wanneer iemand sê ‘n aap-agtige dier van duisende jare gelede is die voorouer van mense vandag, kan dit op geen manier getoets word.
Dink maar net daaraan wat kan vandag wel wetenskaplik bewys word, dat voortplanting gekied volgens soorte, soos die Bybel ons leer? God het gesê :” laat hulle voortbring volgens hulle soort”, of dat daar oor tyd ‘n ander soort sal voortkom. Evolusie sê oor ‘n tyd gaan dit wat gebore word iets anders wees, die Bybel sê nee, dit gaan altyd dieselfde as die ouers en voorouers wees. Ons weet en stem saam dat daar verskille binne ‘n soort kan wees, jy kry groot honde, klein hondjies, honde met kort hare, honde met lang hare ens. Maar punt is hulle is almal honde, Wat evolusie leer is dat die padda van biljoene jare gelede nou die prins geword het.
Natuurlik kan mens nie skepping / evolusie praat sonder om oor die kwessie van ouderdom te praat nie. Vir die skeppings-leeder is 6 duisend jaar vir die ouderdom van die aarde geen probleem nie, en die vloed verklaar al die fossiele. As jy egter in evolusie glo, benodig jy tyd, baie tyd, want tyd is die god wat alles laat gebeur. Hulle glo dat met genoeg tyd kan die onmoontlike gebeur.
Weereens moet dit dus beklemtoon word, dat die debat oor die ourderdom van die aarde nie ‘n suiwer wetenskaplike debat is nie, maar grotendeels ‘n debat oor geskiedenis is.
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Die idée van die boodskap was nie om elke aspek van Genesis versus Evolusie uit te lig nie, maar om u te bemoedig om sterk te staan op die Woord van God.
U het nie nodig om kompromië aan te gaan oor die skepping en oor die vertolking van Genesis 1 tot 11 nie.
Ek weet daar is baie spesifieke vrae rondom die ouderdom van die aarde, die groot afstande van die sterre van aarde , hoe het die lig hier gekom, Noag se vloed en hoe het al diere op die ark gekom, die sogenaamde ys tydperke en so aan. Maar onthou vandag het ons Christen Wetenskaplikes wat hierdie dinge ondersoek en antwoorde kan gee.
Onthou, die wetenskap kan nooit God verkeerd bewys nie, want God is God ook van die wetenskap.
Amen.