Die Bybel, die Wetenskap en die ouderdom van die aarde.
Ouderdom kan nie gemeet word nie. Die beste wat die wetenskap kan doen is om dit te bereken. Wanneer daar ooggetuies van die ontstaan is, word daardie datum wat deur die ooggetuie gebied word, eenvoudig van vandag se datum afgetrek en ons het die ouderdom van ‘n persoon , dier of item wetenskaplik (wiskundig) bereken.
Wanneer ‘n ooggetuie nie beskikbaar is nie moet daar noodwendig sekere aannames gemaak word. So kan ons byvoorbeeld die ouderdom van ‘n gebou bereken deur te kyk na die tiepe boustyl. Daar kan dan afgelei (bereken) word dat ‘n sekere gebou nie ouer as ‘n sekere datum kan wees nie. Let wel, ons kan slegs die maksimum moontlike ouderdom bereken.
Deur egter ander faktore in ag te neem, soos die tipe material wat gebruik is, kan ons nou ‘n limiet op die ouderdom plaas. Indien ons gebou ‘n outydse Kaaps-Hollandse boustyl het wat daarop dui dat dit honderde jare oud kan wees, maar gebou is met bakstene van ‘n spesifieke vorm wat eers 20 jaar gelede in gebruik geneem is, weet ons dat die gebou nie ouer as 20 jaar kan wees nie.
Dieselfde beginsel werk met die ouderdom van die aarde. Ons kan of die ooggetuie verslag uit die Bybel neem en so die ouderdom bereken of probeer om, gegrond op sekere aannames, die maksimum moontlike ouderdom te bereken. Die wetenskap kan nie die werklike ouderdom van iets bereken sonder ‘n ooggetuie verslag van die begin nie.
Die Bybelse ooggetuie verslag van die begin van die aarde.
Indien ons die Bybel neem as ons vertrekpunt is Jesus seker die belangrikste ooggetuie.
Joh 1:1-3;14 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
En die Woord (Jesus) het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Jesus getuig nou so van die begin van die skepping:
Mar 10:6 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
Hier moet ons nou ook besluit of ons God kan vertrou om te sê wat Hy bedoel, en bedoel wat Hy sê.
Let op die volgende getuienis wat God die Vader met Sy vinger in klip gegrafeer het:
Exo 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Exodus 20:11 is ‘n bevestiging van Gen 1:31 en Gen 2:1:
Gen 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Gen 2:1 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
Op verskeie plekke in die Bybel sê God dus baie duidelik dat Hy die hemel en die aarde en alles daarin, in ses dae gemaak het. As God sê wat Hy bedoel en bedoel wat hy sê, veral wanneer dit gaan oor geskiedenis, het ons geen ander keuse om te glo dat alles, ook die engele (die gevalle engele ingesluit) in ses dae gemaak is nie. Daar is geen aanduiding in die Bybel dat Genesis 1 tot 3 nie letterlik bedoel is nie. Wanneer die skeppings verhaal saam met die geslagsregister en ander feitlike data oor die verskillende tydperke in die Bybel gelees word, is dit duidelik dat die aarde nie veel ouer as 6000 jaar is nie.
In Joh 10:35 lees ons dat skrif nie gebreek kan word nie en Titus 1:2 sê weer vir ons dat God nie kan lieg nie.
Die Bybel sê dan ook spesifiek en uitdruklik dat daar geen ander aarde voor hierdie een was nie.
Open 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. Kan die skrif gebreek word en daar bewys word dat hierdie nie die eerste hemel en eerste aarde is nie? Hierdie nuwe hemel en nuwe aarde sal ‘n herskepping wees. (Ons sal in deel 4 die gaping of herskeppings teorie behandel).
In Jes. 14:12 word die val van Satan beskryf en daar word hy ’n môrester genoem. Job 38 sê dat die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het toe die hoeksteen van die aarde gelê is. Die môresterre en die seuns van God dui hier op die hemel wesens wat almal saam bly was toe die aarde gegrond is, en met Exodus 20 wat dit baie duidelik stel dat alles in die hemel en op aarde in ses dae gemaak is, is dit dus onmoontlik vir Satan om reeds voor die ses dae te gesondig het. Let wel, Jesaja praat nog steeds van Satan as ‘n môrester, alhoewel hy toe reeds ‘n gevalle engel was. Wanneer daar dus in Job van “die môresterre” gepraat word, sluit dit almal in.
Die grondlegging van die aarde verwys na dag 3 van die skepping toe die waters op een plek versamel is, en die droë grond sigbaar geword het. Psalm 24 sê: Hy het die aarde gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
Genesis 1:9 dui daarop dat God die waters op een plek versamel het sodat die droë grond sigbaar word.
Spr 8:29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het
Psalm 136: 6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Heb 1:10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
2 Pet 3:5 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God
Die grondlegging van die aarde was nie dag een toe alles nog toe was onder die water nie. Die skrif is duidelik soos hierbo aangehaal dat die grondlegging was toe die aarde uit die water verrys het en God die waters se grens gestel het. Job 38 is dus ook nie ‘n bewys dat God die engele moes gemaak het voordat Hy die hemel en aarde geskape het nie. Al sou die grondlegging op dag een wees, is dit nog steeds nie nodig dat die engele voor dag een gemaak moes gewees het nie. Die Bybel gee nie ‘n aanduiding van wanneer die engele en ander dinge in die hemel geskape is nie. Die engele kon selfs op dag een geskape gewees het nog voordat die materie/water vir die aarde geskep is.
Jesus sê in Mat 19:4 dat God die mens van die begin af, man en vrou gemaak het. Markus 10:6 noem dit van die begin van die skepping af. Jesus noem dit ook nie ‘n herskepping nie. Indien daar biljoene jare voor Adam en Eva was kon Jesus nie gesê het hulle is van die begin van die skepping, man en vrou gemaak nie. Dit sou of ‘n leuen wees, of doelbewus erg misleidend.
Rom 5:12 – 14 leer ons dat die dood die wêreld ingekom het deur die sonde van een mens, Adam.
Rom 8 vanaf vers 18 dui daarop dat die hele skepping onderworpe is, wag om vrygemaak te word, tesame sug en tesame in barends nood is tot nou toe.
Daar kon dus nie dood gewees het voor die sonde van Adam nie.
Indien ons egter die biljoene jare, vir die wetenskaplikes wat aan evolusie glo, wil gee, moet ons konsekwent wees en sê dat Adam reeds van dag een van sy bestaan op dood en verwoesting gestaan het. Adam se sonde kon dus nie die oorsaak van dood en lyding in die wêreld gewees het nie, want dit was dan klaar daar toe hy geskep is!
Daar was ook alreeds dorings en distels soos deur opgrawings bewys word en selfs dit is dan nie die gevolge van die sondeval nie.
Indien ons dus die Bybel in sy geheel as ‘n ooggetuie verslag neem, kan ons nie anders as om te aanvaar dat God sê die aarde is ongeveer 6000 jaar oud nie.
Argeologiese opgrawings en geskiedkundige geskrifte van plekke en gebeure wat in die Bybel genoem word, het nog altyd dit wat God in die Bybel laat opteken het, bevestig en ons het dus geen rede om Sy getuienis oor die begin in twyfel te trek nie.
Wetenskaplik bepaalde ouderdomme.
Soos reeds gesê, moet sekere aannames gemaak word om ouderdomme te bereken indien ooggetuie verslae nie beskikbaar is nie. Aannames soos dat die geskatte datums van die geologiese kolom korrek, geen kontaminasie plaasgevind het, ens.
Hier volg ‘n paar voorbeelde van datums wat jy nooit in die alledaagse media sal sien of hoor nie. ‘n Mens kan maar net wonder hoekom nie?
“Rhodesian man” is deur Dr Arthur Smith Woodward op 17 November 1921, in wat toe bekend was as Noord Rhodesia ontdek. Dit is toe ‘n ouderdom van ongeveer 11 000 jaar gegee
In 1962 is dit ‘n ouderdom van 40 000 jaar deur Carleton Coon gegee, gebaseer op radio koolstof datering..
In 1973 het Richard G. Klein die ouderdom op 125 000 jaar gestel.
Ian Tattersall, met sy toegewyde “uit Afrika” siening plaas in 1999 die ouderdom van “Rhodesian man” tussen 300 000 en 400 000 jaar.
“Rhodesian man” verouder meer as 300 000 jaar in net oor die 80 jaar!!
Vance Ferrell gee in sy “Evolution Disproved Series” die volgende voorbeelde:
- Robbe wat pas doodgemaak is, 1 300 jaar.
- Robbe wat al 30 jaar dood is, 4 600 jaar.
- Lewendige slakke 2 300 jaar.
- Hout gekap van groeiende bome na ‘n paar dae, 10 000 jaar.
- Spier weefsel van ‘n vermummiede dier 24 000 jaar en hare van dieselfde dier 17 200 jaar.
Rotse gevorm deur vulkaniese uitbarstings die afgelope 210 jaar waarvan die ouderdomme dus bekend is.
(Creation magazine en Dalrymple’s Earth and planetary science letters)
- Mt St Helens 1986 0.35 miljoen jaar.
- Mt Ngauruhoe 1949 3.5 miljoen jaar.
- Hualalai Hawai 1800 1.6 miljoen jaar.
- Mt Etna 122 BC 0.25 miljoen jaar.
- Mt Etna 1792 0.35 miljoen jaar.
- Mt Lassen 1915 0.11 miljoen jaar
Die aarde:
Die volgende datums word deur Wikipedia gegee.
- Comte du Buffon 1779 75 000 jaar.
- Hermann von Helmholtz 1856 22 Miljoen jaar.
- William Thomson (Lord Kelvin) 1862 24 tot maks 400 miljoen jaar.
- Simon Newcomb 1892 18 miljoen jaar.
- George H. Darwin (Seun van Charles Darwin) 56 miljoen jaar.
- John Joly 1900 80 to 100 miljoen jaar.
- Bertram B Boltwood 1905 570 miljoen jaar.
- Dieselfde 26 stukke rots wat Boltwood getoets het, het later met verfynde tegnieke ouderdomme van tussen 250 miljoen to 1.3 biljoen jaar gegee.
- Arthur Holmes 1911 1.6 biljoen jaar.
- Arthur Holmes 1927 1.6 tot 3.0 biljoen jaar.
- C.C. Patterson 1956 4.55 biljoen jaar.
Iets is beslis fout met die aannames wat gemaak word by hierdie berekeninge. Soos ons in die begin gesien het word die wetenskap verplig om sekere aannames te maak wanneer dit nie ‘n ooggetuie verslag het nie.
Soos met “Rhodesian man” het die aarde binne 200 jaar met 4.5 biljoen jaar verouder. Dit wil voorkom of die evolusioniste egter nou almal genoeg tyd het vir alles om te ontwikkel het. Vir die evolusionis is tyd die god, gegewe genoeg tyd kan niks ontplof (die big bang) en alles vorm wat ons vandag kan sien. Hulle besef dat indien hulle nie genoeg tyd het nie, val hulle teorie heeltemal plat.
Ten laaste die volgende aanhalings om oor na te dink.
Alexander Williams B.Sc.,M.Sc.(Hons),Th.C.,Dip.C.s.,Thl., botanis Australia, het in 1989 aan die hoof van die afdeling vir isotoop datering van die Australiese kernwetenskap en tegnologie organisasie, teenstrydighede in die daterings metodes uitgewys. Die antwoord wat hy gekry het, “Do you have a better dating method?”
Professor Brew, ‘n argeoloog, som die akkuraatheid van datering so op; “ If a C14 date supports our theories, we put it in the main text. If it does not entirely contradict them, we put it in a footnote. And if it is completely “out of date”, we just drop it.
Prof. Davis Young, geoloog, Christianity and the Age of the Earth, Zondervan,
Michigan, p. 25, 1982.
It cannot be denied, in spite of frequent interpretations of Genesis 1 that departed from the rigidly literal, that the almost universal view of the Christian world until the 18th century was that the Earth was only a few thousand years old. Not until the development of modern scientific investigation of the Earth itself would this view be called into question within the church.
Dr Carl Wieland, ‘n voormalige ateis, wat sê dat hy geen respek vir Christene gehad het nie, totdat hy iemand ontmoet het wat onbeskaamd geglo het in Genesis.
“…attempts by Christians to try to weave the million of years into the Bible, but they had turned me away from Christianity. These notions seemed not only highly contrived and “slippery”, they glossed over huge, glaring inconsistencies with what the Bible so plainly taught. …all my atheist/humanist acquaintances at the time though the same. …” (Walking Through Shadows, page 36).
God het nog nooit Sy ooggetuie verslag oor die skepping verander nie, maar die wetenskap verander gereeld hulle bevindings oor die ontstaan en begin van die aarde.
Daar is baie goeie wetenskap in gebruik vandag en so is daar ook baie Christene aktief daarmee besig om die mens te dien met hul uitvindings. Almal aanvaar dit wat die operasionele wetenskap ons bied, met ander woorde dit wat getoets en gedemonstreer kan word, sonder enige teëspraak.
Dit is egter wanneer dit oor die oorsprong en ontstaan van die hemele en die aarde gaan, dat dit nie regtig gaan om geloof teenoor die wetenskap nie maar een geloof teenoor ‘n ander. Baie wil dit graag so laat klink en mense word dikwels deur die media om die bos gelei met opskrifte soos “ Religion against science debate”. Dit is hierdie false propaganda wat baie Christene oortuig om ‘n kompromie aan te gaan oor die geskiedenis soos uiteengesit in Genesis.
Die wat beweer dat die heelal biljoene jare gelede deur ‘n ontploffing van niks tot stand gekom het, glo dit net soos ek glo dat God die Hemel en aarde plus minus 6000 jaar gelede uit niks geskep het. Hulle kan nie dit wat hulle glo met natuurlike prosesse en eksperimente bewys nie, ek ook nie. Daarom is beide geloof, niks anders nie.
Die wetenskaplikes wat die hoë ouderdomme van die aarde verkondig weier egter om die ooglopende natuurlike prosesse wat ‘n limiet op hulle berekeninge plaas te aanvaar. Hulle weier ook om te erken dat die aannames wat hulle maak met die berekeninge van ouderdomme op fossiele en rotse, fundamenteel verkeerd is. Hulle sien dat hulle aannames en berekeninge op items waarvan die ouderdom bekend is verkeerd is, maar klou vas aan die geloof dat dieselfde aannames en berekeninge reg is wanneer dit kom by rotse en fossiele waarvan die ouderdomme nie bekend is nie.