Hoeveel is jy werd

In vandag se wêreld hoor en sien on al hoe meer van die kostes van alles wat duurder word; huise, krag, water, kos, klere, karre, skoolgelde, petrol… en so kan ons aangaan.

En ons hoor en lees gedurig hoe mense doodgemaak word vir ‘n paar rand.. as ons die media glo – verhoog alles se waarde, behalwe die mens s’n.

Ek wil vandag vir u kom vertel hoeveel julle/ons werd is… vir God.

In Psalm 139 sien ons dat God:

  • Ons in ons moeder se skoot geweef het.
  • Dat God ons wonderbaar gemaak het.
  • Ons gebeente was nie vir God verborge nie, toe ons in die geheim gemaak is nie.
  • Ons is kunstig geweef.
  • God het ons gesien toe ons nog ‘n ongevormde klomp was- voor ons nog ontwikkel het as ‘n babatjie.
  • God se gedagtes oor ons is kosbaar.
  • Die Here God ken ons sit en opstaan.
  • God verstaan jou gedagtes.
  • God is met al ons weë goed bekend.
  • Daar is nog nie ‘n woord op ons tong nie – of die Here ken dit geheel en al.
  • God lê Sy hand van beskerming oor ons.
  • God se hand lei ons, en Sy regterhand hou ons vas.

Jesaja 43:1- 2 ..

God roep jou by jou naam, jy is Syne.

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—(moeilikhede) hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan (lelike eienskappe word uitgebrand om God se karakter in jou te vorm), sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

Hoekom?

V4 – omdat jy kosbaar is vir God (jou waarde is baie hoog)

Jy is hoog geag. God het jou lief.

Maleagi 3:17 ..

God sê, jy is Syne, en Hy maak jou Sy juweel (special treasure).

Klaaglieder 4:1 – 2

Jou waarde is meer as goeie goud.

Jy is kosbaarder as fyn goud.

Psalm 116:15

Jy is kosbaar in God se oë, want jy is Sy gunsgenoot.

Jesaja 62:3

Jy is ‘n sierlike kroon in die hand van God.

‘n Koninklike tulband in die hand van jou God.

Ons ontvang God se gesag om te heers oor sonde en satan. God se Woord in ons gee ons gesag om, soos meer as oorwinnaars te leef (Rom 8:37).

1 Petrus 2:9

  1. Ons is uitverkore.
  2. ‘n Koninklike priesterdom.
  3. ‘n Heilige volk.
  4. ‘n Volk verky as eiendom, om te verkondig die deugde van God wat ons uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig.

Jeremia 31:3

Die here het ons lief met ‘n ewige liefde, daarom het Hy ons getrek met Sy liefde en goedertierenheid.

 Niks sal ons skei van die liefde van God nie.

  • Nie die dood nie.
  • Nie engele nie.
  • Nie oewerhede nie.
  • Nie magte nie.
  • Nie teenswoordige of toekomende dinge nie.
  • Nie hoogte of diepte nie.
  • Nie enige skepsel nie.

Niks sal ons skei van die liefde van God , wat daar in Christus Jesus , onse Here, is nie.

1 Johannes 4:8 – 9

God is liefde, en Hy het Sy liefde aan ons geopenbaar, toe Hy Sy enigste Seun , Jesus, na die wêreld gestuur het, mom te kom sterf vir ons, sodat ons deur Christus vir ewig kan lewe.

Johannes 3:16

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Dit is liefde.

Geliefdes, ons is soveel werd- ja soveel dat iemand – Jesus – bereid was om vir ons te sterf.

Johannes 15:13

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Al het jy geen vriende op aarde nie, Jesus Christus is jou vriend, jou beste, ware vriend.

Jeremia 29:11

Hy koester gedagtes van vrede vir ons, om ons ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Jesaja 61:3

Hy salf ons met vreugde-olie as ons treurig voel.

Hy gee my vreugde as ek verslae voel. Wanneer ek voel die lewe is nie die moeite werd nie, as ek moeg gesukkel is en wil opgee.

Psalm 49:18 – 19

God verkwik jou siel, Hy troos en ondersteun jou as jy angstig raak.

Numeri 6:24

God seën jou, Jy het Sy guns = You are highly favoured.

Hebreërs 13:5 – 6

God sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Die Here is jou helper, jy hoef niks te vrees nie.

Psalm 91:11

God gee Sy engele opdrag om ons te bewaar op al ons weë/paaie.

Psalm 91:14 -16

  • Hy sal jou red
  • Hy sal jou beskerm, omdat jy Sy Naam ken.
  • As jy God aanroep, sal Hy jou verhoor
  • In nood sal Hy by jou wees
  • Hy sal jou uitred en eer aan jou gee.
  • Met lengte van dae sal Hy jou versadig
  • Hy sal jou Sy heil laat sien.

Psalm 23:1

Die HERE is jou herder; niks sal jou ontbreek nie.

Psalm 23:6

Net goedheid en guns sal jou volg al die dae van jou lewe; en jy sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Psalm 34: (15)16

Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

19 Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

8 Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

2 Kronieke 16:9

want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om ons kragtig te steun. Die wie se harte op Hom gerig is.

Jesaja 49:16

Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.

Geliefdes, onthou dit maak nie saak wie of wat jy is of was nie, jou waarde voor God verander nie. Kyk maar na geldnote, of dit nou splinter nuut is of al jare in gebruik, hulle waarde bly dieselfde.

Geliefde,… wie jou aanraak, raak God se oogappel aan (Sagaria 2:8).

Daar is niemand wat meer kosbaar, spesiaal, uniek en geliefd is soos jy nie.