Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Ex 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Die Bybel is die onfeilbare Woord van God deur die Heilige Gees ge-inspireer. Die Bybel moet dan ook letterlik vertolk word, tensy dit uit ‘n gegewe konteks blyk dat dit simbolies of geestelik opgeneem moet word. Die grammaties-histories metode is van toepassing in die letterlike verstaan van die Bybel. Dit wil sê ‘n woord kry dieselfde betekenis wat dit in gewone dag tot dag gebruik het.
Met die opkoms van moderne geologiese teorië het party Christene egter bedreig begin voel en dit nodig gedink om ‘n manier te kry waardeur hulle die Bybel met die sogenaamde “wetenskaplike ontdekkings” kon in ooreenstemming bring. Hierdie mense volg dan ook nie die letterlike vertolking van Genesis 1 nie, sodat hulle ruimte kan maak vir die miljoene of selfs biljoene jare wat nodig is vir die evolusie teorie wat as ‘n wetenskap verkondig word.
Deur te ontken dat die skeppings verhaal in Genesis 1 in ses letterlike 24 uur dae plaasgevind het, word daar nie slegs ‘n groot on-eer aan die Almagtige God gedoen nie, maar laat ook die deur wyd oop om ander verhale, wat nie ooreenstem met vandag se “wetenskap” nie, te bevraagteken. Ons dink veral aan die Noag vloed, Jona in die vis en die maagdelike geboorte van Jesus.
Satan is in die besigheid om te sorg dat mense saam met hom hel toe gaan en weet dat daar twee dinge is wat uiters belangrik is vir die mens om gered te word.
- Die wete dat daar ‘n ware GOD is wat alles geskep het en die reg het om die mens as Sy skepping te oordeel.
- Dat God redding beloof aan die wat in sy Seun, Jesus Christus, glo en hul sondes bely.
Satan is dus reeds eeue lank besig om die mens so te verblind vir die waarheid, om God uit die skepping te redeneer (evolusie) en die bo-natuurlike geboorte van Christus te bevraagteken.
Indien daar nie ‘n God is nie, kan elkeen mos maar self bepaal wat is reg en verkeerd en sal dus nie tot sonde besef kom nie. Net so sal die wat hulle geloof plaas in iemand wat nie bo-natuurlik deur die Gees van God verwek is nie, ‘n vals Jesus aanhang en ook verlore wees.
Vals Skepping teorië.
Die gapings teorie.
Die gapings teorie, ook bekend as die ruïne herskeppings teorie, sê dat God die aarde in Gen 1:1 geskep het, maar dat weens die val van Satan tussen Gen 1:1 en Gen 1:2, God die aarde met ‘n vloed (ook genoem die Lucifer vloed) getref het wat alles vernietig het. Van daar dan die waters van Gen 1:2. Verskeie foutiewe leerstellings word uitgedink om hierdie teorie te verdedig. Ons sal later in meer detail hierna kyk.
Die lengte van die tydperk tussen Gen 1:1 en Gen 1:2 kan wissel afhangend van die hoeveel tyd wat die wetenskaplikes nodig het.
Veelvuldige gapings teorie.
Hierdie teorie skets ‘n prentjie van God wat dinge skep soos die Bybel aandui, maar tussen elke dag is daar ruimte vir miljoene of biljoene jare. Dit is soortgelyk aan die dag- tydperk teorie.
Die dag- tydperk teorie.
Ps 90:4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak.
2Pet 3:8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Die aanhangers van hierdie teorie gaan gewoonlik groot moeite aan om te verduidelik dat die dae van Gen 1. figuurlik gesproke bedoel is. Die bovermelde tekste word dan ook deur sommige aangehaal om hul argument te ondersteun.
Hulle kan nie insien dat daar nie staan, “’n duisend jaar is een dag” nie, maar dat ‘n duisend jaar soos ‘n dag vir God is. Dit is duidelik dat die woord hier slegs vir ons wil sê, dat God in een dag meer kan doen as die mens in ‘n duisend jaar. Presies dit wat in die ses dae skeppings tyd gebeur het. God is dus verhewe bo die beperkinge van ‘n dag op ‘n mens.
Hierdie mense vervang dan ook sommer die duisend jaar met die miljoene of biljoene jare wat wetenskaplikes vir evolusie nodig het.
Deur die woord dag met duisend jarige of miljoen jarige tydperke te vervang gaan ons die volgende kry:
Gen 1:4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
Gen 1:5 en God het die lig dag (‘n miljoene jare tydperk) genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag (miljoene jare).
Gen 2:2 En God het op die sewende dag (sewende miljoene jare tydperk) sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag (sewende miljoene jare tydperk) gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
Gen 2:3 En God het die sewende dag (sewende miljoene jare tydperk) geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Dink net wat dit vir Israel beteken het toe God vir hulle die wet gegee het:
Ex 20:8 Gedenk die sabbatdag (die sewende miljoene jare tydperk), dat jy dit heilig.
Ex 20:9 Ses dae (ses miljoene jare tydperke) moet jy arbei en al jou werk doen;
Ex 20:10 maar die sewende dag (sewende miljoene jare tydperk) is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie–jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Exo 20:11 Want in ses dae (ses miljoene jare tydperke) het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag (sewende miljoene jare tydperk) het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Adam en Eva is op die sesde dag gemaak. Adam het slegs 930 jaar oud geword. Adam het deur die sewende dag geleef. ‘n Dag in Gen 1 kon dus nie eers ‘n duisend jaar lank wees, wat nog te sê miljoene jare.
Teïstiese evolusie.
Daar is mene wat in evolusie glo maar meen dat dit nie sonder die beheer van ‘n bonatuurlike wese kon geskied nie. Die lang geleidelike ontwikkeling was dus beïnvloed deur ‘n onsienlike krag. Hierdie teorie kan met die veelvuldige gapings teorie vergelyk word.
Progressiewe skepping.
Hierdie teorie wil dit hê dat God slegs ‘n paar hoof groepe lewe geskep het, en dat alle ander lewe oor lang tydperke daaruit ontstaan het. Hierdie beskouing kan ook aan die dag-tydperk en die teïstiese evolusie teorie gekoppel word.
Die gaping teorie.
Hierdie teorie sê, tussen Genesis 1:1 en 1:2 is daar ‘n groot gaping van biljoene jare. Kom ons kyk na argumente wat gewoonlik gebruik word ter ondersteuning van die gapings teorie.
In 1948 het M Henkel, ‘n Student aan die Winona lake School of Theology, sy meesters verhandeling “Fundamental Christianity and Evolution” gedoen. Hy het 20 Hebreeuse geleerdes in die VSA gevra of daar enige eksegetiese bewyse is vir ‘n gaping tussen Gen 1:1 & Gen 1:2. Hulle eenparige antwoord was, — Nee!
Die inligting wat hierna volg is hoofsaaklik ‘n opsomming van argumente in Weston Fields se boek Unformed and Unfilled, A Critique Of The Gap Theory.
Àsâ en Bàrà (gemaak en geskep).
Die gaping aanhangers gaan groot moeite aan om te probeer bewys dat hierdie woorde nie vervangbaar/wisselwerkend of gelykwaardig gebruik kan word nie. Daar word veral gepoog om te bewys dat àsâ nie in Gen.1 na creatio ex nihilo (skepping uit niks) kan verwys nie.
Die rede hiervoor is dat indien àsâ en bàrà wel verwisselend gebruik kan word, verdwyn hulle argument dat Gen 1:3 en verder ‘n herskepping beskryf. Dit laat hulle ook met ‘n groot probleem met die volgende teks:
Ex 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak(àsâ), die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Die bedoeling dat alles geskep (en sekere dinge nie ge-herskep is nie) en dat dit in ses dae gebeur het, word egter verder bevestig in:
Neh 9:6 U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak(àsâ), die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.
EN
Ex 31:17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
Indien àsâ slegs herskep uit bestaande materiaal is, moet dit beteken dat die hemele en al sy leerskare ook ge-herskep is. Die aanhangers van die gaping en herskeppings idee sit dus met die verdere probleem dat hulle nie alleen die vernietig van die aarde op ‘n sekere tydstip verkondig nie, maar ook dat die hemele en al die engele daarmee saam vernietig is. Onthou daar was geen uitspansel nie. God het eers op die tweede dag die waters geskei sodat daar ‘n hemel kon wees. Hierdie hemelruim sluit beslis ook die derde hemel in, want dit is ‘n fisiese plek, en volgens Jesaja in die noorde . Die eerste hemel is wat ons sien waar die voëls vlieg. Die tweede hemel is die waar die son maan en sterre is. Die derde hemel is die hoogste hemel waar die troon van God en die berg van samekoms is.
Job 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;
Psa 89:13 Die noorde en die suide-U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.
Jes 14:13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
Mat 5:34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie–nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
Job 9:9 is nog ‘n voorbeeld van hoe die sterre gemaak(àsâ) is. wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
Daar word ook gepoog om mense te oortuig dat àsâ sleg die bekendmaking (aanstelling of vasstelling) van reeds bestaande dinge is, en dat sodoende sekere dinge in die skepping verhaal reeds bestaan het en slegs deur God sigbaar gemaak is in die ses skeppings dae. So byvoorbeeld sou die son dan reeds bestaan het, en God het dit slegs sigbaar gemaak. Dit is egter baie duidelik uit toonaangewende Hebreeuse leksikons (soos Brown, Driver and Briggs) dat die woord àsâ nooit in hierdie verband met die skepping gebruik word nie. Toe God gesê het dat daar lig moet wees, was dit teen die agtergrond dat die duisternis op die aarde was, dus is dit onlogies om te probeer voorgee dat die woorde “laat daar lig wees”, lig op ‘n ander plek as die aarde bedoel het. Die volgende tekste is goeie voorbeeld van wanneer (àsâ) wel as aanstel gebruik word in die Bybel.
1Konings 12:31 Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.
1Konings 13:33 Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.
2Kronieke 2:18 En sewentig duisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters om die mense te laat werk.
Die sinonieme gelykheid van die woorde in die Bybel blyk verder uit die volgende gebruik daarvan:
Die hemel en aarde geskape en die hemel en aarde gemaak.
Gen 2:4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape (bàrà) is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak (àsâ) het,
Wonders gedoen en wonders geskape.
Ex 34:10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ‘n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen (àsâ) soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape (bàrà) is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Die hand van die Here het gedoen en die hand van die Here het geskape.
Isa 41:18 20 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ‘n waterplas maak en die dor land waterbronne.
Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal;
sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen (àsâ) het en die Heilige van Israel dit geskape (bàrà) het.
Die mens is geskape, die mens is geformeer en die mens is gemaak.
Jes 43:7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape (bàrà) het tot my eer, wat Ek geformeer (yàsar), wat Ek ook gemaak (àsâ) het.
Lig is geformeer, duisternis geskep, heil bewerk, onheil geskep en al die dinge is gedoen.
Jes 45:7 wat die lig formeer (yàsar) en die duisternis skep (bàrà), die heil bewerk (àsâ) en die onheil skep (bàrà) Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen (àsâ).
Die is duidelik dat àsâ en bàrà in Genesis 1 en op baie ander plekke in die Bybel wisselwerkend en vervangbaar met mekaar gebruik word. Om ‘n onderskeid in betekenis van hierdie woorde as bewys vir ‘n gaping te gebruik is om na strooi halms te gryp en die sin en gees waarin die woorde gebruik word geweld aan te doen. Net so dui die woord “formeer”, ook nie op ‘n spesiale betekenis by die skepping van die mens nie. Ons sien byvoorbeeld dat ook die aarde (Jes 54:18) , die berge (Amos 4:13) en sprinkane (Amos 7:1) geformeer is.
Die grammatika van Gen 1:1-2.
Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Die volgende Hebreeuse grammatika reëls/ taalkundige oorwegings dui op die onmoontlikheid dat daar ‘n gaping tussen Gen 1:1 en Gen1:2 is, of enigsins bedoel is.
- Omdat Gen1:2 ‘n beskrywende sin is wat slegs meer detail toelig aan die selfstandige sinsnede van Gen 1:1, is Gen 1:2 ‘n beskrywing van die omstandighede op die tyd van die hoofstelling in Gen 1:1.
- Gen1:2 is ‘n selfstandige sinsnede; Kautzsch and A.E. Cowley, editors, Gesenius’ Hebrew Grammar.
“Every sentence, the subject (onderwerp) and predicate (gesegde) of which are nouns (selfstandige naamwoorde) or their equivalents (esp. participles (deelwoorde)), is called a noun-clause” .
‘n Voorbeeld van ‘n werkwoordelike sinsnede is Gen 1:3. En God het gesê: “every sentence, the subject of which is a noun (or pronoun, including a verbal-form) and its predicate a finite verb, is called a verbal-clause”
Die onderskeid tussen die twee tipes sinsnedes word deur Gesenius aangedui as, “indispensable to the more delicate appreciation of Hebrew syntax (and that of Semitic languages generally), since it is by no means merely external or formal, but involves fundamental differences of meaning.
- Gen 1:2 is ‘n bykomstige of beskrywende sinsnede.
“Ver 2 is called a circumstantial clause, expressing the circumstances concomitant to the principal statement.”
F.F. Bruce, “And the Earth Was Without Form and Void: An Inquiry into the Exact Meaning of Genesis 1:2”
“In the original language, Genesis 1:2 consists of three circumstantial clauses…”
Merill F. Unger, “Rethinking the Genesis Creation Account”
“The statement of the particular circumstances under which a subject appears as performing some action, or under which an action (or an occurrence) is accomplished, is made especially (apart from relative clauses…) by means of noun-clauses connected by Waw (pronounced wow or vav) following subject and verb clauses.”
Kautzsch an A.E. Cowley, editors, Gesenius’ Hebrew Grammar.
- “By circumstantial sentences we mean such as, following a noun or pronoun (the latter may also be included in the verb) describe the condition or circumstances in which the person or thing denoted by the noun or pronoun was at the time of the principal action.”
S.R Driver, A Treatise on the Use of the Tenses in Hebrew.
“…Genesis 1:2a consists of a noun clause which is circumstantial (subordinate and explanatory) to the main verb of 1:1. This means that 1:2 is a description of the earth as it was created originally, not how it became at a time subsequent to creation.”
Weston Fields Unformed and Unfilled p80.
“nominal sentences joined with Waw copulative to a verbal sentence (or its equivalent) always describe a state contemporaneous (gelyktydig) with the principal action”
E.C Mitchell and Ira M. price, editors, Gesenius’ Hebrew Grammar
“Waw” is the name of the Hebrew letter which is used as a conjunction. It can mean “and”, “but”, “now”, ”then” and several other things depending upon the context and type of waw involved
Brown, Driver and Briggs, Lexicon
The Waw under consideration is either a waw consecutive (gevolgaanduidend) expresses sequence of time. This happened and then that and then something else consecutively) or a waw copulative (breek volgorde of voeg slegs beskrywing by). A perfect example of the waw consecutive is genesis 1:3. “And God said…”
Weston Fields op bladsy 81/82 van sy boek gee die volgende beskrywing oor die verskille tussen die tipes waw en kom dan to die gevolgtrekking dat die waw in Genesis 1:2 slegs beskrywend van aard is en nie volgorde aandui nie.
“If it were attached to an imperfect verb (onvoltooid verlede tyd) it would be vocalized with a patah (a Hebrew vowel point, transliterated “a”), and would have a dages forte (a “dot” used to mark certain peculiarities in letters) in the following letter, except in the case of guttural letters (keel klanke ). If it were connected to a perfect verb (voltooide teenwoordige tyd) it would take all the various vocalizations of the waw copulative.
The waw copulative is also known as waw disjunctive (because it breaks narrative sequence) or waw conjunctive (because it adds circumstantial details). We have chosen to use the term waw disjunctive in our discussion because that seems to best describe its usage in Genesis 1:2. In contrast to the waw consecutive which continues sequence, the waw disjunctive only adds explanatory details to the story. Therefore, it is connected to anything but a verb. It is never connected to a verb.
Consequently, it is not difficult to identify the type of waw used as the first letter in Genesis 1:2. It is Not connected to a verb, it is not pointed with a patah; and it does not have the dagès following. Of course, one would not expect to see the patah, for that is normally under a waw connected to an imperfect consecutive verb. Furthermore, it would be impossible to have a dagès forte in ha’arès, for the guttural hè will not take a dagès forte. Even so we still can only have a waw copulative used disjunctively, for the waw is not connected to a verb, and it stands at the head of a circumstantial noun clause. This is what Gesenius terms a ‘waw explicativum’, or explanatory waw, and compares it to the English ‘to wit’ and the German ‘und zwar’. Some might object that the identification is made on the basis of the non-inspired (though very accurate and exceedingly helpful) Masoretic vowel-pointing. But the objection is invalid, since we make our identification on the basis of its attachment to a noun instead of a verb, and it’s usage to connect a circumstantial clause to a main sentence.”
Dit is ook baie interessant om daarop te let dat die 70 Jode wat in 250 B.C die Hebreeuse geskrifte in Grieks (Die Septuagint) vertaal het, dit ook so verstaan het. Die Griekse woord “de” is gebruik net soos in Gen 2:6, 2:10 en 2:12 en daar kan dus geen dispuut wees oor hoe hierdie mense (Wat beslis die Hebreeuse grammatika geken het) Genesis 1:1 – 2 verstaan het nie. Die aarde was leeg en ongevorm toe dit geskep is, en die res van Genesis 1, verskaf die inligting oor hoe dit gevorm en gevul is.
Taalkundig kan die betekenis van die werkwoord hàyetâ, in die konteks van Genesis1:1 –2, nie in die voltooide verledetyd vertaal word nie.
Die werkwoord in Hebreeus beskryf nie tyd soos ons dit verstaan in huidige, toekomede of verlede tyd nie. Dit is veel eerder ‘n aanduiding of iets begin het, dit besig is en of dit al voltooid is.
“In order to understand the Hebrew verb system it is first necessary to comprehend the difference between order of time and kind of time. A verb expressing order of time (“exhibits a given action as prior or subsequent to some date otherwise fixed by the narrative” Driver, Tenses) Thus a verb may tell the reader that one event happened before another action, or that it happened after another action. This is a difference in order of time. On the other hand, an action may be contemplated, according to the fancy of the speaker, or according to the particular point which he desires to make prominent, either as incipient, or as continuing, or as completed. In observing the kind of time, the speaker is laying stress upon when it begins, how long it continues, or whether it is finished.
Weston Fields bladsy 100/101.
Die voltooide verlede tyd word gebruik om twee aksies wat plaasgevind het aan mekaar te koppel en aan te dui dat die aksie wat deur die voltooide verlede tyd reeds plaasgevind het voor die ander aksie of ten minste gelyktydig daarmee plaasgevind het.
Ons het reeds aangedui dat Genesis1:2 ‘n beskrywende sin is en uit die konteks is dit duidelik dat dit beskrywend tot Genesis 1:1 is en nie Genesis 1:3 nie. Weston Fields gee Genesis 24:61:62 as ‘n soorgelyke voorbeeld waar Isak reeds voordat Rebekka op die kamele weggery het, uit die rigting van die put Lagai-Roi gekom het. ‘n Ander voorbeeld is Jona 3:3 Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was ‘n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
Ninevé was baie duidelik reeds ‘n groot stad voordat Jona klaar gemaak het om te gaan. Die voltooide verlede tyd vertaling in Genisis1:1-2 sal egter die onlogiese stelling maak dat die aarde woes en leeg geword het voordat dit deur God geskape is. Soos deur Weston Fields word hierdie mening ook deur ander kenners soos Whitcomb en Smith gehuldig. Die skepping van die aarde in Genesis 1:1 is ‘n absolute begin en daar is dus geen tyd voor dit vir iets anders om te gebeur nie.
Genesis1:2 is: “Describing the condition in which the earth was, as God in creating spoke the word in vers. 3, and therefore is to be rendered: but the earth was waste. The perfect of hàyâ is in this place as in ch.iii.1, Judg. viii.11. That the meaning cannot be But the earth had become waste is evident from the connection. Besides, if the author wished to notify a change of that described in ver. 1, he could not name the earth without the heavens;” A Dillmann, Genesis
Die Làmed.
Die Làmed is ‘n Hebreeuse letter gelykstaande aan ons “L”. Dit kan gebruik word as voorsetsel, voornaamwoord na imperatiewe, om eiendom of besitting aan te wys en om direkte onderwerp aan te wys. Indien dit saam met die werkwoord, “hàyetâ“, gebruik word, sal dit die voltooide verlede tyd vertaling vereis. Die afwesigheid daarvan in Genesis 1:1-2 bevoordeel of benadeel egter nie enige vertaling daarvan nie. In elk geval soos ons uit die vorige punt gesien het dui die voltooide verlede tyd daarop dat die aarde woes en leeg was nog voordat dit geskape is, of dat dit wel so (woes en leeg) geskape is.
Die gebruik van die woorde tòhû en bòhû is nie per definisie boos en ‘n aanduiding van oordeel nie.
Party ondersteuners van die gapings teorie probeer bewys dat hierdie twee woorde verband hou met onheil en oordeel, en dat God dus nie die aarde so sou geskape het nie. Hulle gebruik dan ook veral :
Jes 34:11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid. En
Jes 45:18 Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het–Hy is God! –wat die aarde geformeer en dit gemaak het–Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word–Ek is die HERE, en daar is geen ander nie. En
Jer 4:23 Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
Uit die konteks van Jes 43:11 en Jer 4:23 is dit duidelik ‘n toekomede verwysing na oordeel, en nie ‘n beskrywing van die skeppings aksie van die aarde nie. Veral Jes 45:18 word egter beskou as bewys dat daar dan ‘n vernietiging van die aarde moes plaasgevind het. Die konteks van hierdie vers is egter baie duidelik om aan te dui waarom die aarde geskape is. Dit is dieselfde as die boer wat ‘n oop stuk onbewerkte grond koop en dan vir sy werkers stuur om dit te gaan bewerk met die woorde, “ Ek het dit nie gekoop om woes en leeg (onbewerk en ongeplant) te wees nie, maar om groente daar te plant”. Die grond het duidelik nie woes en leeg geword nadat hy dit gekoop het nie, maar was so toe hy dit gekoop het. Nou gaan daar egter dinge gebeur om dit waarvoor hy dit gekoop het te laat waar word. Net so het God die aarde geskape om bewoon te word, dit is en was nog altyd Sy doel met die aarde. Dit is al wat hierdie vers aan ons sê, die woes en leeg (“unformed and unfilled” of “without form and void” ) in Genesis 1:2 is sleg ‘n stap in die hele skepping proses. Dit wat God op dag een geskep het was perfek vir dit waarvoor hy dit beplan het.
Uit die verskillende betekenisse van tòhû ( bòhû word slegs in die drie skrifte hierbo gebruik), waarvan ons hierna ‘n paar voorbeelde sal ondersoek, is dit duidelik dat die konteks aandui watter betekenis of vertaling korrek is en dat jy nie dieselfde betekenis aan die woord reg deur die Bybel kan toe pas nie.
Jes 24:10 Verbreek is die verlate (tòhû) vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie. — Oordeel
- Job 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos (tòhû), wat die aarde ophang oor ‘n niks; — Die ruimte
- Deut 32:10 Hy het hom gevind in ‘n woestynland en in ‘n woeste (tòhû) wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel. — (Simbolies) metafoor vir die toestand van Israel, geen verwysing na oordeel nie
- Job 6:18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis (tòhû) en vergaan. – metafoor, geen verwysing na oordeel nie
- 1Sam 12:21 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige (tòhû) afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is. — Die ding waarvoor daar oordeel gaan wees, nie die oordeel self nie
- Jes 41:29 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid (tòhû) is hulle gegote beelde. — Die beeld word beskryf en geen oordeel nie
- Jes 29:21 hulle wat ‘n mens as sondaar brandmerk ter wille van ‘n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige (tòhû) voorwendsels wegstoot. — Die voorwendseles is leeg, nie onheilig nie , weereens geen oordeel of verbinteneis met die skepping nie
- Jes 59:4 Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat ‘n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid (tòhû) en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil. — Die valsheid waarop vertrou word, ook geen oordeel of verbintenis met die skepping nie
- Jes 40:17 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid (tòhû) word hulle by Hom gereken. — Die status van die nasies, geen oordeel of skeppings verband nie.
Dit is soos die stof van die aarde waarvan God die mens gemaak het, ongevorm en leeg, maar beslis nie vol onheil of boosheid nie, en daar was ook geen oordeel oor die stof nie.
“The plain and simple meaning of what Moses (here) says is that all things exist were created by God and that at the beginning of the first day there was created a shapeless lump, or mass, or earth with fog, or water. Later, during the remaining time of the first day, God put into it light, so that the light of day was shining and the shapeless heaven and earth could bee seen. This was not unlike a shapeless crude seed from which things can be generated and produced.”
Luther, Luther’s Commentary on Genesis.
Wat sê die Bybel.
In Joh 10:35 lees ons dat skrif nie gebreek kan word nie en Titus 1:2 sê weer vir ons dat God nie kan lieg nie.
In Exodus 31:18 lees ons dat die vinger van God op die twee klip tafels geskryf het, waaronder ook die volgende: “… want in ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak…”. Dit is ook so verwoord in Ex 20:11. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Wat probeer die gapings aanhangers sê? God het gelieg?
Daar was geen ander aarde voor hierdie een nie.
Open 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. Kan die skrif gebreek word en daar bewys word dat hierdie nie die eerste hemel en eerste aarde is nie?
Daar was nog net een wêreld vloed (Noag) wat die fossiele wêreld wyd kon veroorsaak het. Ons weet dat die Noag vloed wel die hele aarde bedek het, want in Genesis 9:11 rig God ‘n verbond op dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
Dit is belangrik om die invloed van so ‘n wêreld vloed te verstaan, want indien daar wel ‘n Lucifer vloed was wat die fossiele reg oor die aarde veroorsaak het, dan sou die Noag vloed (indien die wêreld wyd was) heel moontlik alle getuienis daarvan uitgewis het. Dit is dan ook om hierdie rede dat die gapings aanhangers probeer verklaar dat die Noag vloed slegs tot die onmiddelike omgewing van Noag beperk was. Die probleem is egter dat indien die Noag vloed slegs tot ‘n sekere gebied beperk was, moet ons aanvaar dat God gelieg het toe Hy die bogenoemde verbond gesluit het, want die geskiedenis is vol bewyse van vloede in baie streke reg oor die wêreld wat na die Noag vloed plaasgevind het.
In 2 Petrus 3 :5-7 word gewaarsku dat mense moedswillig vergeet dat daar reeds ‘n oordeel van water oor die hele wêreld was en dat die volgende oordeel met vuur sal wees. Indien Petrus nie na die Noag vloed verwys nie, maar na die sogenaamde Lucifer vloed, kon hy nie gesê het dat hulle moedswillig daarvan vergeet nie, want nêrens in die woord word na ‘n Lucifer vloed verwys nie, en kon hulle dus nie daarvan geweet het nie. Dat die hele aarde onder die water was word bevestig in Psalm 104:5-9
Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
U het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik- berge het opgerys, laagtes het weggesak-na die plek wat U vir hulle reggemaak het. ‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
In Jes. 14:12 word die val van Satan beskryf en daar word hy ’n môrester genoem. Job 38 sê dat die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het toe die hoeksteen van die aarde gelê is. Die môresterre en die seuns van God dui hier op die hemel wesens wat almal saam bly was toe die aarde gegrond is, en met Exodus 20 wat dit baie duidelik stel dat alles in die hemel en op aarde in ses dae gemaak is, is dit dus onmoontlik vir Satan om reeds voor die ses dae te gesondig het.
Die grondlegging van die aarde verwys na dag 3 van die skepping toe die waters op een plek versamel is, en die droë grond sigbaar geword het. Psalm 24 sê: Hy het die aarde gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
Genesis 1 :9 dui daarop dat God die waters op een plek versamel het sodat die droë grond sigbaar word.
Spr 8:29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het
Psalm 136: 6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Heb 1:10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
Jesus sê in Mat 19:4 dat God die mens van die begin af, man en vrou gemaak het. Markus 10:6 noem dit van die begin van die skepping af. Het Jesus gelieg?
Jesus sê ook in Lukas 11:50-51 dat die bloed van die profete vergiet is van die grondlegging van die wêreld af en sê dan spesifiek, “van die bloed van Abel af”. Het Jesus gelieg? Joh 8:44 Sê dat die duiwel van die begin af ‘n mense moordenaar is.
1 John 3:8 Is duidelik dat die duiwel van die begin van die skepping af sondig. Die Bybel is dus baie duidelik dat al hierdie dinge saam plaasgevind het gedurende dieselfde tydperk, naamlik aan die begin van die skepping. Die duiwel het beslis nie miljoene jare voor die Adam en Eva bestaan en toe gesondig en uit die hemel gewerp nie.
Rom 5:12 – 14 leer ons dat die dood die wêreld ingekom het deur die sonde van een mens, Adam.
Rom 8 vanaf vers 18 dui daarop dat die hele skepping onderworpe is, wag om vrygemaak te word, tesame sug en tesame in barends nood is tot nou toe.
Daar kon dus nie dood gewees het voor die sonde van Adam nie.
Kan die skrif gebreek word en bewys word dat die mens deur evolusie (die dood van ander ) in die wêreld gekom het, en dat die mens nie die oorsaak van dood in die wêreld is nie?
Verskille tussen evolusie (Gaping Genesis 1:1 en 2) en die Bybel.
| Evolusie | Bybel |
| Materie het in die begin reeds bestaan (Die dot wat met groot bang ontplof het) | God het alle materie in die begin geskep |
| Son en sterre het voor die aarde ontwikkel | Son en sterre na die aarde geskep |
| Land voor die see | See voor die land |
| Water organismes eerste vorm van lewe (Dit het gereën op die aarde, groot oseane het gevorm en die rotse het ‘n organiese sop geword en die sop het lewendig geword.) | Land plante eerste vorm van lewe op die aarde |
| Visse voor vrugte bome | Vrugte bome voor visse |
| Insekte voor voëls | Voëls voor insekte |
| Die son voor land plante | Plante voor die son |
| Reptiele voor voëls | Voëls voor kruipende diere |
| Vrou voor die man | Man voor die vrou |
| Reën voor die mens | Die mense voor reën |
| Die skeppings proses gaan nog steeds voort (gegewe genoeg miljoene jare) | Die skeppings proses is voltooi |
| Alles het toevallig gebeur sonder ‘n doel | God het die aarde vir die mens geskape om te bewoon en te bewerk en die mens na sy beeld geskape om hom te dien, te vrees en te verheerlik |
| Die mense besluit self wat is reg en verkeerd, is die hoogste vorm van lewe (die verste ontwikkel) en kan dus deur niemand ge-oordeel word nie | God het voorskrifte gegee hoe om te leef, hy het reeds eenkeer die mens sy oordeel laat ondervind met die vloed van Noag, en so sal dit weer wees. Die keer met vuur, en die wat God nie erken en hom gehoorsaam is nie, sal die tweede dood sterf, dit is wanneer hulle vir ewig in die poel van vuur gewerp word. |