Is dit wetenskap of net geloof

Is Evolusie wetenskap, en die ware implikasies wat dit vir die Christelike geloof inhou.

‘…wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is,..’ (1 Pet 3:15).

Evolusie is algemeen bekend as iets wat toevallig gebeur deur mutasies (foute in gene wat gewoontlik ‘n verlies aan inligting of funksionaliteit tot gevolg het in die nageslag) en natuurlike seleksie (oorlewing van die sterkste).

Baie word gesê en gedebateer oor die teorie van evolusie, party sal dit selfs ‘n bewese feit noem. Party noem evolusie ‘n wetenskap en wil mense laat glo dat dit ‘n debat tussen wetenskap en die Christen geloof is, of die twee kan saam staan en of hulle teenoor mekaar staan, altyd besig om mense te probeer oortuig dat daar ‘n oorlog tussen die wetenskap en die Christelike geloof is.

Dit is egter nie die geval nie en ver van die waarheid. Die feit is, dat die wetenskap soos ons dit ken, hoofsaaklik in die Westerse wêreld ontwikkel het, wat grootendeels die deel van die wêreld is wat onder invloed van die Christelike geloof was. Alhoewel dit waar is dat baie uitvindings van die Midde ooste af kom, is dit die weste wat dit tot sy volle potensiaal ontwikkel het.

Soos een skrywer dit stel: “The science and modern technologies of today’s world have only come into being over the last 600 years. The boom in technology was preceded by a boom in the Word of God and in godliness.”

God beloon die wat ernstig na Hom soek en Sy Woord respekteer.

In ‘n resensie van For The Glory of God: How Monotheism Led to Reformations, Science, Witch-hunts and the End of Slavery by Rodney Stark, sê Alex Williams, die volgende:

To illustrate the role of Christians in the rise of science, Stark researched ‘scientific stars’ from 1543 to 1680, the era usually designated as the ‘scientific revolution’, and came up with a list of the top 52.

  • Protestants and Catholics;
  • 15 of them were English,
  • 9 French,
  • 8 Italian,
  • 7 German
  • (the rest were Dutch, Danish, Flemish, Polish and Swedish respectively).
  • Only one was a sceptic (Edmund Halley) and
  • One (Paracelsus) was a pantheist.
  • The other 50 were Christians, 30 at least of which could be characterized as ‘devout’ because of their evident zeal.”

Spreuke 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur..

Ware wetenskap en ware Christen geloof is lief vir mekaar: Daar is geen konflik tussen wetenskap en geloof nie. Alhoewel die Bybel nie ‘n wetenskap handboek is nie, is dit wetenskaplik korrek wanneer dit die gebied van die wetenskap aanraak.

Maar wat dan van die “plat aarde” en “son beweeg om die aarde” stories?

Plat aarde:

n Algemene argument van anti-Bybel voorstanders is om te sê dat Christene in ‘n plat aarde glo en dat die wetenskap dit verkeerd bewys het Dit is egter interessant om daarop te let dat die Bybel aangedui het die aarde is rond, lank voor die Grieke dit gesê het.

Job 26:10 Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.

Jes 40:22 (a) Hy sit bo die kring van die aarde,

Spr 8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

Jeffrey Burton Russell, ‘n professor in geskiedenis, aan die Universiteit van California in Santa Barbara, sê dat die “plat aarde” miete grootliks toegeskryf kan word aan die skepper van die Rip Van Winkle storie—Washington Irving—wat ‘n fiktiewe verslag geskryf het van Columbus wat ‘n ronde aarde teen die kerklike leiers en oningeligte professors verdedig.

Son wat rondom die aarde beweeg:

Aristotle (384–322 BC) en Ptolemy (AD 2de eeu) was die manne met die idee dat die aarde plat is en die middelpunt van die heelal is

Copernicus (1473–1543) en Galileo (1564–1642) het beweer dat dit nie die geval is nie, maar dat die aarde en ander planate rondom die son beweeg. Die kerk het maar net die heersende sienwyse ondersteun waarvan hulle deur Aristotle se volgelinge oortuig was.

Vandag weet ons hulle was verkeerd en dat hulle Bybel verse wat digkuns was, letterlik vertolk het.

Psa 19:6 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie..

Psa 93:1 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

Net so dui Moses se taalgebruik op sy persepsie van waarneming dat die son opkom en ondergaan.

Gen 19:23 Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.

Gen 28:11 Daarop kom hy by ‘n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.

Dit is jammer dat kerke die sienswyse van die meerderheid wentenskaplikes sal volg, en die Woord van God sal verdraai om dit te regverdig.

Om die “plat aarde” en “son gaan rondom die aarde” stories te gebruik om Bybelse fout te bewys of dat kreasioniste nie wetenskaplik is nie, wys maar net die oningeligte stand van die wat die argument gebruik. Die Bybel leer nie dat die aarde plat is of dat die son om die aarde draai nie, en kreasioniste / wetenskaplikes leer dit ook nie.

Maar u kan dan vra is evolusie nie ‘n wetenskaplik bewysde feit nie?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eers erken dat die wetenskap gaan oor die herhalende demonstrasie van iets, waardeur elke keer dieselfde antwoord verkry word. Ons moet ook spesifiek wees oor die definisie van evolusie.

  1. Wat is wetenskap:

Volgens die New Oxford Dictionary of English, is wetenskap die intellektuele en praktiese aktiwiteite wat bestaan uit die sistematiese studie van struktuur en gedrag van die fisiese en natuurlike wêreld deur observasie en eksperimentering.

Dus is iets wetenskaplik wanneer:

  1. Dit gedryf word deur ‘n natuur wet.
  2. Dit beskryf kan word met verwysing na ‘n natuur wet.
  3. Die resultate tentatief is, m.a.w nie finaal nie, en dit verkeerd bewys kan word.

Dus is die wetenskap toetsbaar, demonstreerbaar en waarneembaar

  1. Wat is evolusie:
  1. Die proses wat vermoedelik (nie bekend) daartoe gelei het dat die verskillende soorte lewende organismes diversifiseer en ontwikkel oor die geskiedenis van die aarde.
  2. Die geleidelike ontwikkeling van iets, spesifiek van ‘n eenvoudige na ‘n meer komplekse vorm. (New Oxford Dictionary of English)

Evolusie is ‘n baie breë term, en word gewoonlik in 6 sub-kategorië ingedeel:

  1. Kosmiese EvolusieBegin van tyd, ruimte en materie Die oerknal.
  2. Ster en planeet Evolusie. (ongeveer 11 triljoen sterre is bekend)
  3. Chemiese Evolusie Elemente na waterstof.
  4. Organies Evolusie Begin van lewe.
  5. Makro Evolusie Die verandering van een soort na ‘n ander.
  6. Mikro Evolusie Verskillende spesies; Die enigste een wat waarneembaar is.(die naam is eintlik misleidend, want niks word toegevoeg nie)

Geen een van die eerste 5 kan getoets, gedemonstreer of waargeneem word nie, en kan dus nie wetenskaplik wees nie. Slegs die laaste een, verskille tussen spesies, voldoen aan al die vereistes om wetenskaplik te wees. Die res is maar net geloof.

Let ook op asseblief dat die Bybel van verskillende soorte praat, nie spesies nie:

Gen 1:21 – 25 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.

En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.

En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Dit word algemeen aanvaar dat Charles Darwin die vader van moderne evolusie is. Darwin was ‘n Teologie student en het baie belang gestel in die oorsprong van spesies of die “mystery of mysteries” soos hy dit genoem het.

Toe skryf hy ‘n boek – ON THE ORIGIN OF SPECIES BY MEANS OF NATURAL SELECTION OR PRESERVATION OF FAVORED RACES IN THE STRUGGLE FOR LIFE.

Darwin het evolusie gedefinieer, as afkoms met modifikasie in verskillende spesies. Niemand argumenteer die feit dat spesies verskil nie, maar die vraag is hoe het al die verskillende soorte plante en diere in die eerste plek hier gekom?

Die verskil tussen ‘n soort en ‘n spesie: ‘n Soort is gewoontlik wanneer twee spesies kan voortbring bv. Honde en cayoties kan voortplant, hulle is van dieselfde soort maar verskillende spesies. Deur die observasie van diere het ons slegs die verskille binne ‘n bepaalde soort opgemerk, maar beslis nie waar een soort dier in ‘n ander soort dier verander nie. Die hele landbou sektor is hierop gebaseer, ‘n boer verwag dat as hy mielies plant hy mielies gaan oes en dat koeie klein kalfies sal voortbring, skape lammetjies ens. ens..

  1. Natuurlike seleksie.

Ten eerste, natuurlike seleksie gebeur, dit is waarneembaar, toetsbaar en wetenskaplik.

As ons die letters m; i; s; p; l; a; c; e; d, neem, kan ek woorde spel soos misplaced, place and space, maar dit sal nooit moontlik wees om “queen”, “rock” of “sock” te spel nie. HOEKOM? Die inligting is doodgewoon nie daar nie. Ek kan slegs selekteer wat ek nodig het uit bestaande inligting. En dit is presies wat natuurlike seleksie doen. Dit hou ‘n spesie sterk. Dit het geen skeppings vermoë nie, dit kan nie iets nuuts skep nie. Enige honde teler sal jou dit kan sê, jy kan enige eienskappe wat jy wil kies en die perfekte hond teel, maar dit bly nog steeds ‘n HOND! As ek kwaliteit beheer in ‘n fabriek toepas, en ek gaan alles na, elke deur, masjien, bande ens. hoe lank sal dit neem voor daar ‘n vliegtuig uitkom? Wel, nooit. Presies dit is die punt, natuurlike seleksie is die natuur se kwaliteit beheer. Dit maak seker die sterke oorleef, maar dit gaan nie die sterkste in ‘n nuwe soort verander nie. In teen deel, natuurlike seleksie skep nie iets nuut nie, maar elimineer eerder van wat reeds bestaan.

  1. Die oerknal.

Die meeste mense assosieer evolusie met die oerknal (iets het ontplof).laat ons nou kyk na die oerknal.

Vandag word ons vertel dat ongeveer 18 tot 20 biljoen jaar gelede was al die materie in die heelal saamgepers in ‘n digte balletjie, kleiner as ‘n “.” (punt) op hierdie bladsy, wat vinning in die rondte gedraai het en toe ontplof het.

In 1965 was die ding wat ontplof het egter 275 miljoen myl in deursnee.

In 1974 54 000 myl in deursnee.

In 1983 een triljoense van die deursnee van ‘n proton (dit is baaaaiiieee klein).

Vandag – niks Discovery Magazine Apr. 2002.

Vir die evolusioniste is die volgende waar:

The universe burst into something from absolute nothing – zero, nada. And as it got bigger, it became filled with even more stuff that came from absolutely nowhere.

En die volgende vrae moet nog steeds deur evolusioniste beantwoord word:

Waar het die materie vandaan gekom?

Waar het die energie vandaan gekom?

Waar het die natuur wette vandaan gekom?

Bv. swaartekrag?

Hoekom evoleer die wette nie nog steeds nie?

Laat ons ook kyk na ‘n paar probleme met die oerknal:

Wanneer ‘n objek kloksgewys in die rondte draai in ‘n wrywingsvrye omgewing, soos met die oerknal, en dit ontplof sal al die stukkies wat afbreek ook kloksgewys draai. So as die oorspronklike punt, kloksgewys gedraai het, moet alles in die heelal ook kloksgewys draai. Maar Venus en Uranus roteer anti-kloksgewys in vergeleke met ander planete. 8 Van 91 bekende mane roteer ook anti-kloksgewys.

Mens sou ook verwag dat die materie en sterre eweredig deur die heelal versprei sou wees, maar dit is ook nie die geval nie, ons heelal het kilometers en kilometers van niks, leegtes en dan klompe materie wat trosse genoem word.

Dit bring ons by ‘n ander punt wat gereeld gevra word.

Is die saak oor die leer van evolusie regtig belangrik wanneer dit kom by die Bybel en Christen doktrienes?

Baie sal sê, nee, jy kan glo in God en evolusie. Die realiteit is egter dat evolusie ondermyn die Bybel en die Evangelie van Jesus. Om die punt te demonstreer kan ons maar net kyk na ‘n paar aanhalings van leiding gewende evolusioniste en ateiste, van wie dit wil voorkom asof hulle ‘n baie beter begrip het van wat aangaan as somige Christene.

Richard Dawkins

Oh but of course the story of Adam and Eve was only ever symbolic, wasn’t it? Symbolic?! Jesus had himself tortured and executed for a symbolic sin by a non-existent individual. Nobody not brought up in the faith could reach any verdict other than barking mad!”

En verder

It seems to me an odd proposition that we should adhere to some parts of the Bible story but not to others. After all, when it comes to important moral questions, by what standards do we cherry-pick the Bible? Why bother with the Bible at all if we have the ability to pick and choose from it, what is right and what is wrong?”

Die stelling van Richard Bozarth in die American Atheist magazine som dit op:

Christianity has fought, still fights, and will continue to fight science to the desperate end over evolution, because evolution destroys utterly and finally the very reason Jesus’ earthly life was supposedly made necessary. Destroy Adam and Eve and the original sin, and in the rubble you will find the sorry remains of the Son of God. If Jesus was not the redeemer who died for our sins, and this is what evolution means, then Christianity is nothing.”

Atheist Frank Zindler sê ook so,

The most devastating thing though that biology did to Christianity was the discovery of biological evolution. Now that we know that Adam and Eve never were real people the central myth of Christianity is destroyed. If there never was an Adam and Eve there never was an original sin. If there never was an original sin there is no need of salvation. If there is no need of salvation there is no need of a saviour. And I submit that puts Jesus, historical or otherwise, into the ranks of the unemployed. I think that evolution is absolutely the death knell of Christianity.’ (Frank Zindler, in a debate with William Lane Craig, Atheism vs Christianity video, Zondervan, 1996).

Die ateiste weet meer van redding as die Christene.

Hierdie ateiste / evolusioniste weet presies waaroor dit gaan, die totale Christen geloof system is daarop gebou dat Genesis letterlik vertolk word.

As Adam nie ‘n regte man en Eva nie ‘n regte vrou was nie, dan kon daar nooit ‘n oorspronklike sonde gewees het nie, Jesus kan dan ook nie die laaste Adam wees nie, en hy kan nie ons bloed verwante redder wees nie. Net so, het sonde dan nie deur die handeling van ‘n mens, die wêreld ingekom nie, en dood het nie die wêreld ingekom as gevolg van sonde nie. Dan het ons mos ook nie ‘n sinvolle natuur ge-erf waarvan ons gered moet word nie.

Dood is dan ook nie die laaste vyand wat vernietig moet word nie, want dit is dan juis deur die dood dat natuurlike seleksie die groter end beter in die wêreld gebring het.

As evolusie waar is dan het die volgende verse geen regtige waarde vir ons nie:

Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.

1Kor 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.