Ons lees in Daniel van Béltsasar wat partytjie gehou het toe daar ‘n hand teen die muur skryf. En dan van Daniel wat dit vir die koning kom uitlê
Dan 5:24 -27 Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín.Dit is die uitleg van die woord: Mené—God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak;tekél—u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;
U is op die weegskaal geweeg en te lig bevind. Hoe verskriklik om hierdie woorde van die Almatige God te moet hoor.
Hierdie is Ou Testament, en die vraag is natuurlik wat het dit met ons as Christene te doen. Die antwoord is dat daar twee gedeeltes in die Nuwe Testament is wat hierdie woorde ego, en die belangrikheid daarvan lê daarin dat Jesus dit vir Sy volgelinge gesê het.
Ons lees in Mat 7:21 – 23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
En dan weer in Mat 10:23 -33 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie. Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Dit is dan veral hierdie laaste gedeelte waarby ons wil stilstaan.
Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Ons lees in Johannes 1 dat : In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En verder : En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon. Jesus is die Woord en die Woord is Jesus.
So ons breek nie die skrif as ons die woord “My” met “Woord” sou vervang nie.
Dan lees Mat 10:32 -33 soos volg.
Elkeen dan wat die Woord sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat die Woord verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Jesus sê dan ook in Open 3: 8 “jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie”
Gedurende ons lewe op aarde as Christen gaan ons almal deur beproewinge. In jou eie lewe sal jy sekerlik tye kan oproep waar jou geloof getoets is. Ons ondervind dit veral waar daar siekte of finansiële swaarkry is. Dit waaroor ons vandag praat is egter anders omdat dit ‘n toets is waarvan jy die swaarkry kan vermy as jy sou wou.
Wanneer ons weer kyk na die gedeelte in Mat 10 wat ons so pas gelees het sal u sien dat dit nie hier oor siekte of swaarkry gaan nie. Dit gaan wel oor verdrukkings, en dan spesifiek vedrukking wat te doen het met die feit dat die mense wat verduk en vervolg word volgelinge van Jesus Christus is.
Verder kan ons ook aflei dat dit gaan omdat hulle dit wat hulle van Christus ontvang het aan ander verkondig.
Jesus sê “Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. “
Dit is baie duidelik dat dit hier gaan oor dit wat Jesus leer. En u moet verstaan dat watter toets ook al oor ons pad kom, van watter aard ook, dit nie gaan sodat God kan sien of jy gaan slaag of nie. Die toetse is hoofsaaklik daar om jou eie hart aan jouself uit te wys. En baie belangrik om aan die wêreld en die duiwel te wys wie en wat jy is.
Onthou God is alwetend, Hy weet klaar wat jy gaan doen en hoe jy gaan optree. Psa 44:21 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
Vat nou maar vir Abraham, toe hy vir Isak moes gaan offer. Dink u God het in spanning gewag om te sien of Abraham sy eie seun sou offer. Nee, God het van die begin af geweet hy sou dit doen. God het geweet, maar die res van die geestes wêreld het nie geweet nie.
Onthou u van Job se storie. Satan het na God gegaan, en gevra dat Job getoets word. Dink u, God het weereens geweet wat die uitslag sou wees. Ja, God het geweet, maar satan nie.
Die toetse van Abraham en Job was dus nie om aan God iets te bewys nie.
Net so weet ons ook nie wat ons onder sekere omstandigede gaan doen nie. Ons mag vas oortuig wees van een ding, maar wanneer die situasie wel voorkom, dan tree ons heeltemal anders op as wat ons gedink het.
Daarom die vraag : is jy reg en nie is jy bereid nie.
Petrus was bereid en het verklaar hy sou saam met Jesus gevangenis toe gaan en selfs sterf vir die Here, maar toe die tyd aanbreek dat hy moes opstaan vir die Here, het hy heftig ontken dat hy Jesus ken.
Wees versigtig wat jy verklaar , satan mag dit dalk net as ‘n uidaging beskou. Laat ons liewer met opregte nederigheid en dankbaarheid na die Here gaan en waardeer dat ons in ‘n land bly waar daar nog ‘n groot mate van vryheid is.
Veral in die Ooste en sekere Afrika lande betaal mense letterlik met hul lewens, net omdat hulle Jesus volg en verkondig. Ek wil nie eens naastenby voorgee dat ek weet hoe dit moet wees om so te leef nie, maar kan net tot God bid dat Hy deur Sy groot genade by hierdie mede broers en susters van ons sal wees en hulle sal laat staande bly.
Hier in die Weste is ons natuurlik nie in fisiese lewensgevaar nie, maar ’n ander toets word al meer en meer na ons kant toe gebring. En dit gaan oor die outoriteit van God se Woord. Het God bedoel wat Hy gesê het, en is jy reg om getel te word as een wat vir Sy Woord opstaan of gaan jy kompromië met die wêreld aan.
Wanneer daar oor aktuele sake soos aborsie en homoseksualiteit gepraat word, is jy voorbereid met ‘n Bybelse standpunt.
En hier bedoel ek nou nie jy moet uitgaan en oral waar jy kom luidkeels jou standpunt aankondig en wag vir ‘n geveg nie. Nee, wat ek bedoel is dat waar jy persoonlik gekonfronteer word, gaan jy iets sê, of gaan jy stil bly om die vrede te bewaar. Is dit dalk ‘n familielid of goeie vriend wat moet hoor wat die Woord van God sê.
Iets wat ek self ook moes leer, en nog steeds myself moet aan herinner, is dat dit nie hier gaan om ‘n argument te wen nie. Nee, ons moet in liefde dit sê wat God se Woord sê. Tydig en ontydig:
2Tim 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
Petrus sê in 1 Pet 3:15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
wees altyd bereid om verantwoording te doen… met sagmoedigheid en vrees
Die probleem verder is dat Christene deur sommige van die leiers van die mega kerke totaal en al onder die verkeerde indruk gebring word. Wat ons hoor is motiverings toesprake, hoe om goed te voel or jouself. Vir hierdie predikers het aanvaarding deur die wêreld belangriker geword as dit wat die Woord van God eintlik sê en bedoel.
Die woord wat in 1 Pet 3:15 gebruik word en as rekenskap vertaal word, is die Griekse woord “Apologia”, dit beteken om ‘n logiese beredeneerde verdediging, soos in ‘n hof te kan gee.
Dit sluit aan by 2Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
Let daarop, ons moet die woord van waarheid reg sny.
Die vraag is dan is ons reg, sal ons soos ‘n Petrus en Johannes en die ander apostels kan sê: “dit is onmoontik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie”; “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”
En dan voortgaan en die Woord van God reg sny.
Ek sluit af met hierdie woorde van Paul David Washer
“The most common argument used against church discipline is that it is unloving and judgmental. In rebuttal, we merely need to point to the teachings of our Lord, who commanded such a practice. If we are unloving in obeying the command, was He unloving in giving it? Although we are not to judge with critical and censorious attitudes, we are commanded to judge and even expel if necessary. If in the consummation of all things we are going to judge angels, are we not now able to judge matters pertaining to the church and her well-being? Our boasting in a love that refuses to confront unrepentant sin is not good. Do we not understand that a little leaven leavens the whole lump of dough? Are we demonstrating love toward God when we allow sin to run rampant in the church so that God’s name is blasphemed among unbelievers? Are we demonstrating love toward our brothers in Christ when we allow them to be destroyed by habitual sin, or are we demonstrating self-love and refusing to enter into conflict for the sake of self-preservation?”
“There is something worse than holding our silence while the lost of this world run headlong into hell: the crime of preaching a different gospel than the one passed down to the saints. For this reason, we must shun the gospel of contemporary evangelicalism, for it is a watered-down, culturally carved, truncated gospel that allows men to hold to a form of godliness while denying its power, to profess to know God while denying Him with their deeds, and to call Jesus “Lord, Lord,” while not doing the Father’s will. Woe to us if we do not preach the gospel, but even greater woe is due us if we preach it incorrectly!”