As Christene glo ons die Bybel is die Woord van God.
Nou sê Johannes in Joh 1, dat Jesus hierdie Woord is.
Hy sê, In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
En dan later die Woord het vlees geword , vol van genade en waarheid, en dan in vers 17 die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
En dan kry ons hierdie openbaring: Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Ons het hier dus ‘n lyn reguit van die ewige lewe, na Jesus, wie die Woord is, wat ons ‘n algemene spreek taal na verwys as die Bybel. Mense onderskei gewoontlik Christenskap van ander gelowe deur te sê dat dit ‘n verhouding is, en dit is waar, maar die basiese begrip van die woord ken is om kennis te hê van iets of iemand.
Ons gaan net vlugtig kyk na wat die Bybel sê wie is Jesus, waar kom Hy vandaan, Sy geboorte, wat sekerlik een van die grootste wonderwerke van all tye is, Sy lewe, Sy lyding, Sy dood, en Sy opstanding.
En so te wys na die rykdom van inligting in die Bybel en vir ons as Christene om dit te gaan soek en seker te maak dat ons Hom waarlik ken soos Hy homself in die Bybel voorstel.
Iets om net ingedagte te ,
- Ons ken net ten dele, 1 Kor 13:9, en dit wat ons weet en verkondig van Jesus is net dit wat uit Woord kom.
- Die hele Bybel van Genesis tot Openbaring, is God se openbaring oor Christus, so die bietjie wat ons vandag gaan uitlig is maar net ‘n druppel in die oseaan, daar is soveel meer vir u om ook self te ontdek en te bestudeer.
En Hoe diep is Sy Woord nie, vir bykans elk punt wat ons nou gaan aanhaal is daar genoeg in die Bybel om ‘n hele preek van te maak.
Verder moet ons ook onthou dat vir enige studie of bespreking oor Jesus Christus, dit belangrik is dat ons altyd sal wegtrek by die Bybelse waarheid dat Jesus ‘n ewige Wese is. Wat bedoel ons daarmee, net dit dat Hy van altyd af bestaan, Hy is nie geskape nie. En die logiese uiteinde hiervan is dan natuurlik dat Jesus ook God is. Soos ons dan ook in Johannes 1 gelees het. en die Woord was God.
Uit die Woord lees ons in:
Kol 1:17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
Ps 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
Ps 106:48 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!
Om Jesus te leer ken kan ons maar by die Ou Testament begin.
Deur die hele Ou Testament vind ons skrifgedeeltes aangaande Jesus. In die geskrifte van die Rabbies word verwys na meer as 400 sulke gedeeltes waar direk van die Mesias of Mesiaanse tye gepraat word.
Vanaf die Moederbelofte in Genesis tot by Maleagie
Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Tot by Mal 4 waar die finale oordeel oor die goddelose gespreek word en die verlossing van die regvergdiges aangekondig word.
Mal 4:1 -2 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Die Moederbelofte is dan ook die eerste van baie profesieë in die Ou testament oor Jesus, Sy geboorte, lewe lyding ensovoorts. Baie waarvan reeds waar geword het met Sy eerste koms.
Van die bekendes is bv:
- Dat Hy ‘n afstammeling van koning Dawid sal wees. Jes 9:7
- Dat Hy in Betlehem gebore sal word. Miga 5:2
- Dat Hy uit ’n maagd gebore sou word. Jesaja 7:14
- Dat Hy vir 30 silwer stukke verraai sal word. Sag 11:12
- Dat nie een van Sy bene gebreek sal word nie Ps 34 : 20
Wanneer ons deur die Evangelies lees sien ons dat al hierdie profesië waar geword het.
Buiten die profesieë kry ons natuurlik ook die verkillende tiepes in die Ou Testament wat vooruit wys na Jesus. ‘n Tiepe kan ‘n peroon, voorwerp of gebeurtenis wees wat vooruit wys op iets in die toekoms. Die antietipe is dan die peroon, voorwerp of gebeurtenis wat deur tipe voorgestel is.
So is daar byvoorbeeld tiepe persone wat dan so ‘n skadubeeld van Jesus is:
Paulus sê in Rom5:14 dat Adam so ‘n voorbeeld is van Jesus wat sou kom, beide kom die wêreld binne deur ‘n spesialle handeling van God, en beide staan as verteendwoordige hoofde van ‘n nuwe skepping, Koning Dawid is ook ‘n bekende voorbeeld van iemand wat ‘n tiepe van Christus was. So is beide dan ook herders en dan Konings.
Paulus verduidelik byvoorbeeld ook dat Melgisedek Jesus voorstel. Melgisédek was die koning van Salem volgen Gen 14:18.Hy word beskryf as ‘n priester van God, Let wel nie God self nie. Die Woord leer ons in Ps 110:4 en Heb 7:17 dat Jesus se priesterskap volgens die order van Melgisédek is. Party mense beweer wel dat Melgisédek, Jesus was, maar ek glo dit is duidelik uit die konteks van die tekse waar oor Melgisédek gespraat word, dat dit nie so is nie.
Daar is wel ander gedeeltes in die Bybel waar ons ‘n sterk saak kan uitmaak dat God wel as mens gemanifesteer het en so aan mense op aarde verskyn het.
Bv Gen12:7 wat sê dat die Here aan Abraham versky het, en Gen 32:22 – 30 waar Jakob met ‘n Man geworstel het en dit dan aan hom meegedeel word dat hy eintlik met God geworstel het.
Jesus se geboorte
As ons dan nou aan beweeg vanuit die Ou Testament na die Nuwe dan begin Mattheus sommer dadelik by die geboorte van Jesus. Interessant hier is dat beide Mattheus en Lukas die geslagregister van Jesus in werk, maar u sal vind dat daar ‘n verskil is in party van die name in die twee lyste. Lukas byvoorbeeld dokumenteer die bloedlyn deur, Natan, die seun van Dawid, terwyl Mattheus dit doen deur Salomo seun van Dawid. Die rede hiervoor is twee ledig.
- Jeus het nie ‘n aardse vader nie, dus moes die bloedlyn deur Maria kom. Omdat Maria uit die Natan lyn kom, maak dit dus Jesus fiesies deel van die huis van Dawid. Die feit dat Maria dan ook Jesus se biolgiese ma is, maak dit dan ook Jesus die saad van die vrou ( Eva) waarvan ons in die begin gepraat het .Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Jesus is dan die een wat uiteindelik die vyand se kop sal vermorsel.
- En die rede hoekom Mattheus klem lê op die Salomo lyn, is omdat hy hoofsaaklik vir die Jode geskryf het, en dit dus belangrik was om aan te dui dat Jesus geregtig was op die troon van Dawid deur die koninklik lyn van Salomo. Alhoewel Josef nie Jesus se biologiese Vader was nie, was hy met Maria getroud, en dit het Jesus dus wettiglik die reg gegee om op die troon van Dawid te mag sit.
( die koninklike bloedlyn het net deur Salomo geloop, Geen koning deur die Natan lyn nie)
Die feit dat Jesus nie ‘n biologiese pa gehad het nie, maak dit sekerlik een van die grootste wonderwerke. Die profesie dat ‘n maagd sou swanger word het waar geword. Ons lees in Lukas 1 van Maria wat dan ook vir die engel vra hoe dit dan kan moontlik wees en hy antwoord haar , “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. “
Ons moet onthou dat indien Jesus ‘n biologiese vader gehad het, hy nie van ewigheid af kon bestaan nie, en Hy Adam se sondige natuur sou ge-erf het.
Jesus se geboorte in die stal in Betlehem glo ek het ‘n spesifieke doel gehad en dit is dat God so aan ons wou demonstreer dat Hy vir almal sou toeganglik wees. Jesus is nie in ‘n paleis met groot sekuriteits hekke gebore nie. Ons leer uit die Woord dat herders in die veld sommer van die eerste mense is wat gaan besoek aflê het. Dit is so belangrik vandag nog dat die boodskap uitrgaan na alle mense, jy hoef nie iemand te wees om by Jesus toegelaat te word nie.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Let wel elkeen in die hele wêreld is ingesluit in hierdie goddelike uitnodiging.
Iemand het eenmaal die krip met jou binnekamer vergelyk. In kort was die boodskap, indien jy werklik begeer om soos die herders ‘n ontmoeting met die Here te hê, gaan dan na die krip… Jou binnekamer daar waar jy kan stil word voor die Here.
‘n Interessantheid wat mens somtyds mis oor die geboorte van Jesus is dat die wyse manne nie Jesus by die krip gekry het nie, hulle het eers omtrent twee jaar na sy geboorte opgedaag. DIe Woord sê dat Herodes toe hy uit vind die wyse manne gaan nie terugkom om hom te sê waar hulle die kindjie gekry het nie, hy alle kinders twee jaar en daaronder laat dood maak het, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.
Een van die belangrikke aspekte van die maagdelike geboorte van Jesus is dat Hy, ten volle God en ten volle mens gebore is. In 1 Tim 3:16 noem Paulus dit die verborgenheid van die godsaligheid dat: God geopenbaar is in die vlees, geregverdig is in die Gees.
Presies soos dit ook in Jes 9 beskryf word:
Want ‘n Kind is vir ons gebore ( as mens , van die saad van die vrou, d.w.s God geopenbaar is in die vlees) , ‘n Seun is aan ons gegee ( God het Sy Seun gegee, let wel, gegee, nie geskep nie,Hy het dus reeds bestaan) ; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God (Sy goddelikheid word bevestig) , Ewige Vader ( Hy is ‘n ewige wese) Vredevors—
Belangrik
Jesus het aarde toe gekom omdat Hy Seun van God en Seun van die Mens was, Hy was dit voor Sy geboorte, Jesus het nie Seun van God en Seun van die Mens geword deur sy geboorte nie. Byvoorbeeld om lees in Lukas dat ook Adam seun van God genoem word.
Ons moet bewus wees daarvan dat die duiwel alles in sy vermoë sal doen om die Goddelikheid van Christus te ondermyn. Hierin volg hy hoofsaaklik twee strategeë;
- Om die mens te oortuig at Jesus nie God is nie.
Hiedie is ‘n baie ou taktiek en sover bekend gaan dit terug tot in die 300’s toe ‘n man genaamd Arius een van die eerstes was wat geleer het dat Christus slegs die eerste van die geskape geestelike wesens is.
Ons vind dit vandag nog dat groepe soos die Jehova’s getuies sortgelyke valshede leer.
Kol 1:15 -17 is egter baie duidelik
Hy is nie net die Beeld van die onsienlik God nie, maar in Hom is alle dinge geskape, deur Hom en tot Hom is alle dinge geskape, En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
- Om die mens te oortuig dat die mens eintlik ook God is.
Dit is waar dat die Bybel leer dat ons soos God kan wees, maar dit sal altyd te doen hê met hoe ons lewe hier op aarde, met ander woorde die vrug van ons lewe hier.
Petrus beskrywe dit so in 2 Pet 1 : 2 – 7 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!
… sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien,
… om deelgenote te kan word van die goddelike natuur,
… En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle
geloof voeg die deug,
en by die deug die kennis,
en by die kennis die selfbeheersing,
en by die selfbeheersing die lydsaamheid,
en by die lydsaamheid die godsvrug,
en by die godsvrug die broederliefde,
en by die broederliefde die naasteliefde.
Daar is natuurlik baie verse wat ook daarop dui dat Jesus ten volle mens was:
Jesus was honger. Mat 21:18
Jesus was moeg.Joh 4:6
Jesus was dors:Joh 4:7 en Joh 19:28
Jesus het geslaap:Mat 8:24
Jesus se lewe.
Alhoewel die Bybel nie veel sê oor die Lewe van Christus voor Sy bediening nie, is daar tog ‘n paar ding wat ons leer.
Eerstens uit Luk 2:52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
Hierin lê daar ‘n boodskap van groei vir ons om na te streef in ons eie lewens.
Laat ons aanhou om dieper in die Woord van God te wandel, nie net om meer van God te leer nie, maar dit ook so uit te leef in ons omgang met ander mense.
Tweedens leer ons van Jesus wat gekom het om ‘n dienskneg te word. (Kenosis die doktrine van Christus se selflediging (aflegging) met Sy vleeswording)
Fil 2 : 7 – 8 sê dat Hy Homself ontledig het deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword geword het; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Wanneer ons kyk na wat hier gebeur het, is dit interessant om te sien dat die ontlediging eitlik ‘n toevoeging was. Jesus wat God is, soos ons ook in die voorgaande vers lees, was bereid om dienskneg te word. Hy wat gedien , en eintlik bedien moet word het vrywilliglik gekom om ander te dien.
Jesus het gereeld oor dienskegte gepraat, hoor wat sê Hy in Mat 20:27 – 28 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien
En derdens het ons dan ook gelees van Sy gehoorsaamheid. Die Woord wat ons nou net aangehaal het sê Hy was gehoorsaam tot die dood toe. Ons kan maar net vir onself die vraag afvra, hoe gehoorsaam is ons aan God se Woord, veral wanneer gehoorsaamheid aan Hom ons ongwild by die mens maak?
Jesus se beloftes aan die gehoorsames
Exo_20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Joh_14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
Joh_14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Joh_15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Die drie geskenke
Die goud, wierook en mirre.
Die belangrike punt om uit te lig hier is dat die wyse manne die gekenke gebring het om eer en hulde te bring.Die King James vertaling sê they worshipped Him.
Hulle het niks gevra of terug verwag nie. Ek dink dit sal goed wees as ons net so af en toe ‘n bietjie dink oor hoe en hoekom ons lof offers vir God bring, vra dat Heilige Gees jou hart deursoek vir jou motiewe. Wanneer jy goeie dade doen, lof prysing voor die Here of wat ook al,doen jy dit uit liefde vir Jesus en die Vader? , of soek jy een of ander erkenning of beloning, dalk by mense?
Die goud verteenwoordig nie net godelikheid nie maar ook koningskap, Jesus is waarlk God en ook die Koning van Konings.
Wat Sy koningskap betref Is dit dan ook veskeie kere gedurende Sy bediening bevestig
- Jesus self in Mat 27:11 Toe die goewerneur Hom vra of Hy Koning is?
- Die mense in Joh 12:13 toe Hy Jerusalem binne ry op die donkie
- Pilatus by ten minste 3 geleenthede
Joh 18:39 Toe hy vra of hy Jesus of Barábbas moes los laat
Joh 19:14 Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!
Joh 19:19 Die opskrif op die kruis; JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
Die wierook verteenwoordig gebed en toewyding en eer en verwys dan ook so na die werk wat Jeus as Priester sou verig.Heb_4:14 -15
Mirre was gewoontlik gebruik by die salwing van ‘n profeet en natuurlik ook by die begrafnis van n persoon. Dit dui dan ook so op Jesus die profeet en die kruis.
Op ‘n meer praktiese vlak glo ek dat Josef en Maria die geskenke goed sou kon aanwend in hul onmiddellke omstandighede, Byvoorbeel die goud om vir die blyplek te betaal, en ander benodighed, ons weet mos babas kom nie goedkoop nie. Die wierook en beslis die mirre wat sy sou kon gebruik in ‘n salf mengsel vir die baba.
Jesus se bediening
Uit die Woord leer ons dat Jesus omtrent 30 jaar oud was toe Hy met Sy bediening begin het.
Dit het dan ook begin met Sy doop in Jordaan, Mat 3:15 – 17, waar ons dan ook ‘n voorbeeld van Drie-eenheid sien.
Jesus word gedoop
Die hemele gaan oop, en die gees van God daal neer soos ‘n Duif
En God die Vader sê : Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
UIt sy bediening sou ek graag 3 kategorieë wou uit lig.
- Sy versoeking
- Sy Boodskap en wonderwerke
- Sy Eind tyd profesieë
Versoeking
Ons lees in Mat dat Jesus deur die Gees die woestyn ingelei is om versoek te word deur die duiwel.
Waar die eerste Adam gefaal het , het die laaste Adam oorwin.
Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Die eerste drie van die versoeke vind dan ook so hier in die woestyn plaas. Dit is dan ook tiepes van versoeking wat alle mense een of andertyd ondervind, die begeerlikheid van die vlees- voed jouself ( sê dat hierdie klippe brode word) die grootsheid van die lewe –bewys jouself (Laat almal sien Jy is die Seun van God, Laat hulle sien hoe die engel U op die hande dra ) die begeerlikheid van die oë – kry wat jy wil hê (al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid word Jesus aangebied)
Ons weet wel van verskeie ander kere wat die duiwel ook deur mense gewerk het om Jesus te versoek, soos toe Petrus vir Jesus sê dat mag God dit verhoed dat hy sou ly, en gedood word. En Jesus antwoord in Mat 16:23 … Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
In die geval het die Satan deur ‘n mens gewerk en ons moet bedag wees daarop wat mense vir ons sê, toets altyd aan die Woord of dit iets is wat God sou bedink.
Ander voorbeelde is soos wanneer die Fariseërs en skrifgeleerdes aan Hom vrae gestel het:
Joh 8 6 :En dit het hulle gesê om Hom te versoek,
Vir ons is dit belangrik om Jesus se voorbeeld te volg en voorbereid te wees om Bybels te reageer op wat ook al oor ons pad kom.
Sy Boodskap- wonderwerke
Mat 4:23 sê En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Jesus se boodskap regdeur sy bedienings tydperk was getrou aan Sy definisie van wat is die twee grootse gebooie .
‘n wetgeleerde, het ‘n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet?
En Jesus antwoord hom: Mat 22:37 – 40 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
U kan gaan nalees in die Evangelies wat sê Jesus oor ons vehouding met God, hoe ons in Sy gebooie moet bly, en hoe ons teenoor ander moet optree. Wees die vredemakers, wees die lig en die sout, vergewe mekaar, help mekaar, bid vir jou vyande.
Dit is dan die boodskapwat ons ook moet uitdra. Jesus leer ons hoe om te vas en te bid, die bymekaarmaak van hemelse skatte teenoor aardse skatte. En dan natuurlik ‘n groot deel van Jesus se bediening was die wonderwerke en genesings.
Daar is basies twee redes hoekom Jesus die wonderwerke en genesings gedoen het.
- Dit is hoe Jesus Sy ware identiteit as Seun Van God bevestig het. Hand 2:2 sê Petrus aan die Israeliete dat God vir hulle Jesus aangewys het deur kragte en wonders en tekens wat God deur Hom ( Jesus) gedoen het.
In Joh 14:11 sê Jesus : Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
En in Luk 7 to Johannes wou weet of Jeus die Een is, antwoord Jesus : Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek
- Jesus wys Sy deernis teenoor die mens en Sy will om hulle ook op fiesiese gebied te help. Byvoorbeeld met die melaatse man wat sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Jesus sê “Ek wil” raak hom aan genees hom .
Ons lees ook van die vrou van Nain wie se seun oorlede is, en ons lees Jesus het innig jammer vir haar voel en haar seun aan haar terug gee.
Gaan ondersoek gerus die genesing in die Evangelies en sien hoe Jesus elke keer teenoor pyn en lyding optree. En ek glo dit is vandag nog waar , ons aanbid ‘n God wat ons will help, Die Here wil genees.
Sy Eind tyd profesieë
Jesus was ook profeet, daar is die bekende gedeelte van die tekens van die end tye in Mat 24. Een spesifieke profesie wat veral op ons vandag van toepassing is, is die waarskuwing in vers 11:
En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Ons leef in ‘n tyd waar inligting en opinies vrylik en baie maklik beskikbaar is. Ons moet die Woord ken, om te kan onderskei dit wat gesê word , of dit van die Here is of nie. Baie pos vandag ‘n video of stem boodskap of teks en maak daarop aanspraak dat dit van God.
Jesus sê : Pas op dat niemand julle mislei nie.
Jesus sê ook in Lukas oor die dinge wat hy sê sal kom : Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
Jesus se lyding , kruisinging en opstanding.
Hierdie is drie aspekte wat eintlik ‘n eenheid vorm met net een doel in gedagte, die redding van die mense.
Vir God was versoening van die mens tot Homself so belangrik dat Hy Jesus gestuur het om taak te verrig. Daarom dat ons praat van die belangrikheid om te verstaan dat Jesus God is, geen mens sou ooit hierdie afgrond tussen mens en God kon oorbrug nie, behalwe God self.
Vir my is hierdie gedeelte uit 2 Korinthiërs so ‘n goeie opsomming van dit wat Jesus gedoen het.
2 Kor 5:17 -21 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
En dit alles was nodig omdat daar geen versoening vir die sonde soder bloed is nie.Heb 9:22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
End die bloed van Jesus was die enigste rein bloed sonder sonde bevlekking wat ooit op die aarde was.
Ingesluit in dit alles is daar dan ook naturlik die regverdigmaking en vergifnis vir die wat die knie buig, glo en Chrsitus bely.
Rom 10:9 – 10 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Die laaste aspek waarna ons dan gaan verwys is die opstanding van ons Here.
Saam met die maagdelike geboorte van Christus is dit een van die pilare waarop Christenskap gegrond is. Luister na hoe dit vir ons so duidelik gemaak word in 1 Kor 15:12 – 19
As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie. Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
Maar Jesus het opgestaan so nou kan ons saam met Paulus juig en getuig. Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
En soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.