Kan jy die Bybel glo

Om die debat oor evolusie en die Christelike geloof ten volle te begryp is dit wenslik dat ons verskeie aspekte wat daarmee verband hou ‘n bietjie van naderby bekyk.

Dit is vanjaar (2009) die 200ste herdenking van Charles Darwin se geboorte en 150 jaar sedert sy boek On the Origin of Species by Means of Natural Selection or the Preservation of Favoured Races verskyn het in.

Veral in die media kry ons dus ook vanjaar ‘n groot oplewing in die beriggewing oor evolusie. Gedagtes oor evolusie en natuurlike seleksie was egter lank voor Charles Darwin al bekend. Mense soos James Hutton, Lamarck, Edward Blyth, Alfred Wallace en Erasmus Darwin (Charles se oupa) het tussen ongeveer 1770 en 1855 reeds idees hieroor neer gepen. Charles het baie hiervan in sy boek gebruik , sonder om die nodige erkenning te verskaf.

Die groot bousteen van evolusie, “Natuurlike Seleksie” is deur Blyth (‘n Christen chemikus en dierkundige) in drie belangrike artikels omskryf wat vanaf 1835 tot 1837 gepubliseer is in The Magazine of Natural History. Blyth en die Engelse teoloog William Paley het die konsep van natuurlike seleksie korrek beskryf as die meganisme waardeur die siekes, oues uit ‘n populasie verwyder word, ten einde die status quo van die geskape soort te behou. Anders as Blyth en Paley, wat kon insien dat sekere eienskappe reeds moes bestaan voordat daarvoor geselekteer kan word, probeer evolusioniste ons oortuig dat natuurlike seleksie deel van ‘n proses is wat nuwe eienskappe teweeg bring.

Thomas Henry Huxley, wie homself “Darwin’s bulldog” genoem het was veral bekend vir die een wat die idees in Darwin se boek gepropageer het.

Interessant dat seker die eerste groot openbare debat oor die saak was dan ook tussen Huxley en Samuel Wilberforce (seun van die bekende anti – slaaf politikus, William Wilberforce)

Ateïste en evolusioniste is, soos Huxley van ouds, nou hard besig om seker te maak die boodskap van evolusie word reg oor die wêreld met nuwe ywer uitgedra. Die kerk kan nie meer maak asof dit nie van belang is nie, veral nou dat ateïste die kerk vra, om deel te wees van hierdie feesvieringe, en om evolusionisme te onderskryf. Meer as 800 gemeentes in 9 lande is al aktief hierby betrokke.

Dit is veral belangrik dat ons weet presies waaroor dit gaan wanneer oor evolusie versus die Christen geloof gepraat word. Christen kreasioniste (Christene wat die Genesis skeppings verhaal letterlik verstaan ) het geen probleem met wat verstaan word onder verandering oor tyd en dat verskillende spesies met tyd ontstaan het nie. Onthou die Bybels sê God het die verskillende soorte geskep, nie species nie.

Evolusioniste gebruik egter hierdie wetenskaplik verantwoordbare voorkomste in die natuur om ‘n ongelooflike, geloof sprong te maak, deur te verklaar:

  • dat alles vanself uit niks ontstaan het (die oerknal),
  • dat lewe op aarde toevallig vanself ontwikkel het (abiogenese ) en
  • dat oor miljoene jare primitiewe een sel organismes tot komplekse meersellige lewe verander het (bakterië verander in bioloë / die padda word ‘n prins).

Maak dus sekere dat u verstaan wat presies die ander persoon bedoel, as hy/sy sê dat hulle in evolusie glo en dat evolusie sonder ‘n probleem met die Christen geloof vereenselwig kan word.

Enige iets wat in die natuur waargeneem kan word is geen probleem nie, dit is wanneer dit oor die oorsprong daarvan gaan dat daar twee uiteenlopende wêreld beskouinge is:

1. Die Christen Bybel gefundeerde beskouing:

  • God het die hemel en aarde geskep, die oorspronklike soorte plante en diere asook die mens.
  • Dit het alles in ses dae gebeur ongeveer 6000 jaar gelede.
  • Die skepping het ‘n doel en die mens is op aarde om God te eer, te loof en prys en te aanbid.
  • Die mense gaan eendag voor God staan en verantwoording doen oor sy lewe op aarde.

2. Evolusie – Die materialistiese / sekulêre humanistiese beskouing:

  • Wat ons sien het vanself onstaan. Daar is geen God nie.
  • Alles het oor biljoene jare gebeur.
  • Niks het ‘n doel nie, alles is maar net die gevolg van natuurlike prosesse.
  • Daar bestaan geen absolute morele kode nie, en die mens moet sy eie etiese standaarde neerlê na gelang van omstandighede en sy eie oordeel.
  • Daar is geen lewe na die dood nie, wanneer jou liggaam sterf is dit die einde van jou bestaan

Fundamenteel tot die debat is die Bybel.

Is die Bybel die Woord van God? Kan ons die Bybel onvoorwaardelik glo.

Onthou dat ons nooit sal probeer voorgee dat die Bybel ‘n wetenskap -, of geskiedenis boek is nie, maar wel dat wanneer die Bybel iets sê oor die wetenskap of die geskiedenis dit feitlik korrek is.

Die Bybel is geloofwaardig van begin to einde.

Hoekom kan ek die Bybel glo? Is dit die waarheid en werklik die Woord van God of maar net ‘n klomp geskrifte deur mense bymekaar gesit?

Is dit nie maar net ‘n klomp stories met hier en daar ‘n morele les in nie.

Wat maak die Bybel anders as ander gelowe se heilige boeke?

Die Christelike Geloof.

Inteenstelling met ander gelowe is die Christelike geloof uniek. Dit is uniek omdat Jesus uniek is. Niemand het nog in die geskiedenis geleer soos Hy geleer het nie, die wonderwerke gedoen wat Hy gedoen het nie en uit die dood opgestaan en sodoende bewys Hy is wie Hy gesê het Hy is nie.

Martin Luther het gesê daar is eintlik net twee godsdienste in die wêreld, ‘n godsdiens van werke en ‘n godsdiens van genade. Die Christelike godsdiens is die enigste godsdiens van genade. Al die ander kom op een of ander manier terug na ‘n godsdiens van werke.

Byvoorbeeld.

Die Moslems moet:

    1. Sê daar is geen god nie behalwe Allah en Muhammed is sy profeet.
    2. Voorgeskrewe gebede vyf maal per dag opsê.
    3. Vas gedurende die maand van Ramadaan.
    4. Aalmoese aan die armes gee.
    5. n Pelgrims tog na Mecca onderneem.

Uit die Woord self is dit duidelik dat ons moet kan bewyse gee vir dit wat ons glo. Die Christen geloof is nie ‘n bygeloof nie en die Here verwag van ons om dit wat ons glo te kan verdedig.

1Pet 3:15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;

Judas 1:3 Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

Fil 1:7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

Fil 1:17 maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie.

1. Die unieke samestelling van die Bybel.

Die Bybel is “die boek van alle boeke”, daar is nie nog so een nie, enig in sy soort. Dit is die enigste boek wat.

  1. Geskryf is oor ‘n tydperk van +_ 1500 jaar.
  2. Geskryf is deur meer as 40 skrywers uit elke sosiale stand, wat insluit konings, militêre leiers, arbeiders, filosowe, vissermanne, belastinggaarders,digters,musikante,staatsmanne, geleerdes en skaapwagters.
  3. Geskryf op verskillende plekke. Byvoorbeeld deur Moses in die woestyn, Jeremia in ‘n ondergrondse tronksel, Daniel op heuwels en in ‘n paleis, Johannes in ballingskap op ‘n eiland.
  4. Geskryf op verskillende tye. Byvoorbeeld Dawid in tye van oorloë en opoffering, Salomo in tye van voorspoed.
  5. Geskryf is op drie kontinente, Asië, Afrika en Europa.
  6. Geskryf is in drie tale, Hebreeus (Die grootste deel van die Ou testament), Aramees (Daniël 2-7 en ‘n groot deel van Esra 4-7 en self sekere stellings in die Nuwe testament waarvan die bekendste Jesus se uitroep aan die kruis is: “Eli,Eli, Lema sabagtani”) en Grieks die taal van die Nuwe testament.
  7. n Verskeidenheid van onderwerpe soos die huwelik, egskeiding, homoseksualiteit ens, behandel deur verskillende skrywers met ‘n ongelooflike graad van harmonie.
  8. ten spyte van sy verskeidenheid ‘n enkele ontvouende verhaal meedeel. God se verlossing van sy mense. Die “Paradise lost” van Genesis word die “Paradise Regained” van openbaring.

Meer Bybels is al verkoop as enige ander boek ter wêreld. Dit is ook al meer vertaal as enige Ander boek. Die Bybel of gedeeltes daarvan is beskikbaar in Meer as 2200 tale. Die eerste vertaling was al in 250 V.C uit Hebreeus in Grieks vertaal en het as die Septuagint bekend gestaan.

Die Bybel het bly voort bestaan deur baie vervolging heen. In 303 A.D. het die Romeine keiser Diocletianus beveel dat alle Bybels verbrand moes word. 25 Jaar daarna sou die Romeinse keiser Konstantyn egter beveel dat 50 kopieë op die regering se koste voorberei moes word. Net so het die ongelowige Voltaire verklaar dat die Christelike geloof binne 100 jaar na sy dood uitgewis sou wees. Slegs 50 jaar na sy dood is sy eie drukpers in sy huis gebruik deur die Geneefse Bybelgenootskap om Bybels te druk.

Alhoewel die uniekheid van die Bybel op sig self nie bewys dat dit deur God geïnspireer is nie, daag dit egter enige persoon uit wat opreg soek na die waarheid om ernstig daaroor na te dink.

2. Die unieke Bybelse eienskap van profesie en die vervulling daarvan.

Die tweede punt waarna ons gaan kyk is die unieke Bybelse eienskap van profesie en die vervulling daarvan. Geen ander heilige boek kan daarop aanspraak maak dat dit geskiedenis vooruit vertel tot in die fynste besonderhede en dat dit so waar word nie.

Wetenskaplike voorspellings is nie dieselfde as Bybels profesie nie. Om die verskyning van ‘n komeet of sons verduistering aan te dui, word gedoen op grond van berekeninge en vasgetelde natuur wette. Die Bybelse profesie is sodanig dat slegs in Bonatuurlike wese dit sou kon weet. Dit moet ook nie met waarsêery verwar word nie. Profesie praat alleenlik van die persoon en gebeure wat verband hou met God se plan van verlossing en die vestiging van Sy koninkryk op aarde. Waarsêery weet niks van die menslike verlossing en God se koninkryk nie.

In Jes 41:22&23 word ‘n uitdaging oor profesie aan die heidene gestel.

Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!

Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.

Die Ou Testament wat geskryf is oor ‘n Tydperk van ongeveer 1000 jaar, bevat byna 300 verwysings na Jesus die Messias.

Gebeurtenis

Voorspelling

Vervulling

Saad van die vrou. Gen 3:15 Gal 4:4
Beloofde saad van Abraham. Gen 18:18 Hand 3:15
Die plek van geboorte. Miga 5:2 Mat 2:1 / Luk 2:4-7
Gebore uit ‘n maagd. Jes 7:14 Mat 1:18 / Luk 1:26-35
Massamoord van suigelinge. Jer 31:15 Mat 2:16-18
Vlug na Egipte. Hos 11:1 Mat 2:14,15
Sy verwerping deur die Jode. Jes 53:3 Joh 1:11
Sy triomfantelike intog. Sag 9:9 Joh12:13,14
Verraai deur ‘n vriend. Ps 41:9 Mark 14:10
Gekruisig saam met sondaars. Jes 53:12 Mat 27:38
Gal en asyn om te drink. Ps 69:21 Joh 19:29
Nie ‘n been gebreek nie. Ps 34:20 Joh 19:33
Sy opstanding Ps 16:10 Mat 28:9
Sy hemelvaart Ps 68:18 Luk 24:50,51

3. Die Bybel en argeologie.

Opgrawings dui daarop dat plekke in die Bybel genoem werklik bestaan het.

So byvoorbeeld bevat die Ebla tablette wat in Sirië ontdek is name van stede soos Ur, Sodom en Gomorra en name van mense soos Adam , Eva en Noag.

Die Ebla-argiewe verwys na al vyf stede van die vlakte in presies dieselfde volgorde as Genesis 14(Sodom,Gomorra,Adma,Sebojim en Soar).

Verder verklaar hierdie tablette die geloof in die skepping uit niks. “Here van hemel en aarde, die aarde wat nie bestaan het nie, het u geskep, die lig van die dag wat nie bestaan het nie, het u geskep” (Ebla argiewe, 259).

Net so is daar ook baie geleer oor die Assiriërs deur die 26 000 tablette wat in die paleis van Assurbanipal gevind is. Een van die interessante ontdekkings is Sennagerib se verslag oor die beleëring van Jerusalem, waarin hy na Hiskia verwys. (“ wat Hiskia, die jood, betref, hy het hom nie onderwerp aan my juk nie).

Dokumente wat in Babilonië se beroemde hangende tuine (een van die sewe wonders van die wêreld) gevind is, toon dat Jojagin en sy vyf seuns ‘n maandelikse rantsoen geggee is en ‘n plek om te woon en goed behandel is.

2Kon 25:27-30 En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef. En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe. En aangaande sy lewensonderhoud, ‘n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning na die eis van elke dag, al die dae van sy lewe.

4. Die Bybel manuskripte.


Wie het die Bybel geskryf – Bewys van goddelike inspirasie
2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2 Pet 1:20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Die Bybel self vertel dat God die outeur van Sy boek is.

Die volgende twee bladsye is van ‘n interessante Web artikel wat Bybelse manuskripte in konteks plaas.

Bible Manuscripts (From AllAboutTheJourney.org)

Dramatically, when the Bible manuscripts are compared to other ancient writings, they stand alone as the best-preserved literary works of all antiquity. Remarkably, there are thousands of existing Old Testament manuscripts and fragments copied throughout the Middle East, Mediterranean and European regions that agree phenomenally with each other. 1 In addition, these texts substantially agree with the Septuagint version of the Old Testament, which was translated from Hebrew to Greek some time during the 3rd century BC. 2 The Dead Sea Scrolls, discovered in Israel in the 1940’s and 50’s, also provide astounding evidence for the reliability of the ancient transmission of the Jewish Scriptures (Old Testament) in the 1st, 2nd and 3rd centuries BC. 3

The manuscript evidence for the “New Testament” is also dramatic, with nearly 25,000 ancient manuscripts discovered and archived so far, at least 5,600 of which are copies and fragments in the original Greek. 4 Some manuscript texts date to the early second and third centuries, with the time between the original autographs and our earliest existing fragment being a remarkably short 40-60 years. 5

Interestingly, this manuscript evidence far surpasses the manuscript reliability of other ancient writings that we trust as authentic every day. Look at these comparisons: Julius Caesar’s The Gallic Wars (10 manuscripts remain, with the earliest one dating to 1,000 years after the original autograph); Pliny the Younger’s Natural History (7 manuscripts; 750 years elapsed); Thucydides’ History (8 manuscripts; 1,300 years elapsed); Herodotus’ History (8 manuscripts; 1,350 years elapsed); Plato (7 manuscripts; 1,300 years); and Tacitus’ Annals (20 manuscripts; 1,000 years). 6

Renowned Bible scholar F.F. Bruce declares:

There is no body of ancient literature in the world which enjoys such a wealth of good textual attestation as the New Testament. 7

Homer’s Iliad, the most renowned book of ancient Greece, is the second best-preserved literary work of all antiquity, with 643 copies of manuscript support discovered to date. In those copies, there are 764 disputed lines of text, as compared to 40 lines in all the New Testament manuscripts. 8 In fact, many people are unaware that there are no surviving manuscripts of any of William Shakespeare’s 37 plays (written in the 1600’s), and scholars have been forced to fill some gaps in his works. 9 This pales in textual comparison with the over 5,600 copies and fragments of the New Testament in the original Greek that, together, assure us that nothing’s been lost. In fact, all of the New Testament except eleven minor verses can be reconstructed outside the Bible from the writings of the early church leaders in the second and third centuries AD. 10

In real terms, the New Testament is easily the best attested ancient writing in terms of the sheer number of documents, the time span between the events and the document, and the variety of documents available to sustain or contradict it. There is nothing in ancient manuscript evidence to match such textual availability and integrity. 11

The academic discipline of “textual criticism” assures us that the Bible translations we have today are essentially the same as the ancient Bible manuscripts, with the exception of a few inconsequential discrepancies that have been introduced over time through copyist error. We must remember that the Bible was hand-copied for hundreds of years before the invention of the first printing press. Nevertheless, the text is exceedingly well preserved. Again, I pondered this — of the approximately 20,000 lines that make up the entire New Testament, only 40 lines are in question. These 40 lines represent one quarter of one percent of the entire text and do not in any way affect the teaching and doctrine of the New Testament. I again compared this with Homer’s Iliad. Of the approximately 15,600 lines that make up Homer’s classic, 764 lines are in question. These 764 lines represent over 5% of the entire text, and yet nobody seems to question the general integrity of that ancient work.

To my real surprise, I discovered the Bible to be better preserved — by far — than other ancient works I’ve read and accepted over the years, such as Homer, Plato and Aristotle. As far as my “interpretation of an interpolation of an oral tradition” theory, I found that the Bible was not changed or interpreted from the ancient source texts. Simply, as the Bible was carried from country to country, it was translated into languages that don’t necessarily mirror the original languages of Greek, Hebrew and Aramaic. However, other than some grammatical and cultural differences, the “Bible manuscripts” are absolutely true to their original form and content, and remarkably well-preserved in their various translations.

+1 Josh McDowell, The New Evidence that Demands a Verdict, Thomas Nelson Publishers, 1999, 71-73.
2 Josh McDowell, Evidence that Demands a Verdict, vol.1, Thomas Nelson Publishers, 1979, 58-59.
3 Ibid. 56-57.
4 McDowell, The New Evidence that Demands a Verdict, 34-36.
5 John Ryland’s Gospel of John fragment, John Ryland’s Library of Manchester, England. See also, Ibid., 38.
6 McDowell, Evidence that Demands a Verdict, vol.1, 42.
7 F.F. Bruce, The Books and the Parchments: How We Got Our English Bible, Fleming H. Revell Co., 1950, 178.
8 Norman L. Geisler and William E. Nix, A General Introduction to the Bible, Moody, Chicago, Revised and Expanded 1986, 366-67.
9 http://shakespeare.com/faq/, Dana Spradley, Publisher, 2002.
10 McDowell, Evidence that Demands a Verdict, vol. 1, 50-51.
11 Ravi K. Zacharias, Can Man Live Without God? Word Publishing, 1994, 162.