Om te vergewe die wil van God

Die mens maak die heel tyd keuses, en ons het al gehoor dat jy altyd ‘n keuse het. EK wil egter daarvan verskil. Dit is so dat ons altyd keuses maak, maar ons het nie altyd ‘n keuse nie.

‘n Ruk gelede is ons ge-bless deur iemand wat verjaar het, Daar was red-velvet en chocolate cupcakes. Jy kon kies.  Geen probleem.

Die probleem is egter die ou wat in die straat afjaag oor ‘n rooi lig. Hy het ook ‘n keuse gemaak, Sy keuse was om nie te stop nie. Hy het egter nie die reg gehad om so ‘n keuse te maak nie.

Dieselfde geld vir Christene, die dag toe ons tot bekering kom en Jesus volg het ons nie meer ‘n keuse oor sekere dinge nie.

Byvoorbeeld; die Here sê Wees heilig, want Ek is heilig; Dit is nie ‘n opsie vir ons nie, God gee opdrag en verwag dat ons heilige lewens sal lewe.

Net so het Jesus gesê, dat ons mekaar moet vergewe,

Jesus sê in Mat 16:19

En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Een van hierdie sleutels is vergifnis en ek wil vandag net ‘n paar gedagtes deel oor vergifnis. Ons moet net weer na iets te kyk wat die Bybel as baie belangrik ag.

Dit is so belangrik dat Jesus sê ons ewige bestemming hang daarvan af.

Jesus noem dit as ‘n gegewe in Mat 6:12 (Deel van die Onse Vader gebed)

 en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Jesus beklemtoom dit net daarna in vers 14 en 15

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Dan lees ons weer in Mar 11:25 -26  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Mat 5:23

  As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

Mat 5:24  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Kan julle sien dat vergifnis vir God so belangrik is dat dit nie by Hom saak maak wie die skuldige is nie.  Of jy nou iets teen ander persoon het en of die ander peroon iets teen jou het is vir God om’t ewe. Hy sê jy moet gaan en gaan regmaak.

Dink daaroor, wanneer daar onmin tussen jou en iemand anders is, verwag die Here van jou om die inisiatief te neem.

Ons kan nou saam lees uit Mat 18 vers 21 tot 35.

Mat 18:21  Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?

Mat 18:22  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

Mat 18:23  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

Mat 18:24  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.

Mat 18:25  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.

Mat 18:26  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.

Mat 18:27  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

Mat 18:28  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.

Mat 18:29  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.

Mat 18:30  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.

Mat 18:31  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.

Mat 18:32  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;

Mat 18:33  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?

Mat 18:34  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

Mat 18:35  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.

Onthou wat ons vroeër gesê het, ons ewige bestemming hang af van vergifnis.

En hier is dit belangrik om te verstaan dat dit nie net gaan om die vergifnis wat ons ontvang op grond van die bloed van Jesus nie.

Ja die Woord leer baie duidelik dat ons vrygekoop en gereinig  is deur die bloed van Christus.

1 Pet 1:18 -19 sê ons is Losgekoop deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

1 Kor 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Heb 9:14  hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

So die bloed het betaal vir ons sondes en die bloed reining ons.

Maar, en dit is belangrik dat ons hierdie deel reg kry, die bloed het nie outomaties al ons sondes vegewe nie.

Jesus sê in Mat 26:28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Let wel die uitstorting van die bloed gaan lei tot vergifnis, die uitstorting van die bloed is nie vergifnis nie.

Dit word bevestig in Heb 9:22 …sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Luister mooi wat hier staan, vergifnis is iets wat moontlik is as gevolg van die offer wat Jesus

aan die kruis gebring het. Met ander woorde as daar nie die bloed van Jesus was nie, sou vergifnis nie moontlik gewees het nie.

Almal se sondes is betaal maar nie almal se sondes is vergewe nie. Ja selfs die ateis wat sê hy glo nie in God nie, se sondes is reeds betaal.

Die probleem is egter, betaling van skuld of skade is nie direk gelyk aan vergifinis nie. Vergifnis kan weerhou word al is die skade betaal.

Ons hoor van moordenaars wat gevang word, vehoor en gestraf word en hulle straf uitdien.  Maar dit beteken nie dat die geliefdes van die een wat vermoor is die moordenaar vergewe het nie.

Maar God wil vergewe, Hy kan nie wag om ons te vergewe nie. Dus dan juis hoekom Hy Sy Seun getuur het om die prys te betaal. Sodat Hy ons kan vergewe.

1Jn 1:9  sê: As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Dit bring ons dan by die twee dinge waarteen die Here ons vandag kom waarsku:

Onbelyde sonde en ‘n onvergewends – gesinde hart.

1) Onbelyde sonde, Die waarvan ons bewus is maar om een of ander rede nie wil of kan bely nie.  Ons praat nou nie van ‘n ding wat gebeur het toe jy nog op laerskool was en jy nou nie eers meer kan onthou.  Jy weet daardie ding wat jy moet gaan sit en sê ag Here herinner my tog aan alles wat ek al gedoen het, moet tog nie dat ek iets vergeet nie.

God is getrou en regverdig, en Hy sal jou herinner deur sy Heilige Gees, en wanneer Hy doen, moenie dat trots, hoogmoed of selfregverdiging jou weerhou daarvan om te bely en vergifinis te vra nie.

En hier gaan dit nie net om voor God te bely nie.  Dit is nie net onbelyde sonde teenoor God nie.

Soos ons reg aan die begin gesê het, die Here verwag van ons om ook so na ons naaste te gaan en die saak uit te maak. Al is jy nie die een wat verkeerd is nie.

Onthou van Mat 5:23

  As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

Mat 5:24  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Die onbelyde sonde waarvan ons hier praat is dus iets waarvan jy terdeë bewus is, maar om een of ander rede nie daarvan breek nie of dit wil bely of gaan regmaak nie.

Hier diep binne jou weet jy dit wat jy doen is verkeerd, die Heilige Gees het op Sy stil maar kenmerkende dringde manier vir jou daarop attend gemaak.

Jy het dalk ook al met die Here in gesprek getree en vir Hom vertel hoekom dit wat jy doen nou nie eintlik sonde is nie. Die Here ken mos nou jou spesiale omstandighede.

Gewoontlik indien ons dit by iemand anders sou raaksien sou ons onmiddelik die oordeel kon vel, daai is sonde, bely dit broer en suster. Maar by ons self, nee, by ons is dit spesiale omstandighede wat in ag geneem moet word, of dalk sê ons vir onsself , later ek sal later regmaak net nie nou nie.

Maar God het ook hier vir ons ‘n duidelike waarskuwing.

Heb 3:15  is baie duidelik:

Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. As die Here vandag vir jou sê bely en gaan maak reg,  Moenie uitstel nie.

Vra die Here nou om dit wat nou ’n probleem is weer vir jou uit te wys, veral dit waar jy besig is om jou hart te verhard en die Heilige Gees te ignoreer. Moenie jou hart verhard nie.

Somebody once said: Apologizing does not always mean that you are wrong and the other person is right. It just means that you value your relationship more than your ego.En vir ons as Christene beteken dit dat ons verhouding met God vir ons meer werd is as ons  ego,

Ons moet die erns van hierdie saak besef. Vergifnis ontvang jy slegs op aarde.  Jy gaan nie in die hemel vergifnis ontvang nie.

Heb 9:27 maak dit absoluut duidelik. Die mens is bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel.  Wanneer ons, ons oë toe maak hier op aarde is daar nie meer tweede kanse nie.

2) Die tweede ding wat ons uit die hemel sal hou is onvergewensgesindheid.  Onthou ons het gesê, vergifnis is een van die sleutels wat God ons hier op aarde gegee het.

Jesus het opdrag gegee dat ons moet vergewe die wat teen ons sondig.

Kyk weer na die gelykenis wat ons gelees het  in Mat 18:

  1. Dienskneg nommer een skuld sy heer baie en kan nie betaal nie.
  2. Hy plyt by sy heer.
  3. Sy heer kry hom jammer skryf sy skuld af en laat hom gaan
  4. Dienskneg nommer twee skuld vir dienskneg nommer een.
  5. Hy plyt ook.
  6. Maar dienskneg nommer een weier om genade te betoon en laat dienskneg nommer twee toesluit.

Dit is nie moeilik om uit hierdie gelykenis te verstaan dat die heer, God is en die diensknegte ons is nie, en die skuld ons sonde voor God is nie.

Dienskneg nommer een is ek en jy wat groot skuld en onreg en sonde voor God het en dienskneg nommer twee is ons naaste wat skuld en onreg ens. teen ons het maar op heelwat kleiner maat as wat ons teen God het.

Onthou jy toe jy tot bekering gekom het, hoe jy onder sonde besef voor die Here gekom het en Hom gevra het om jou te vergewe.  God het jou vergewe en nou kom Hy en sê, gaan jy en doen net so.

Daar is iets in hierdie gelykenis wat ons gewoontlik nie raaksien nie. En dit is dat vergifnis wat die heer aan dienskneg een bewys het was voorwaardelik.  Onthou die onse Vader gebed:

vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe

Toe dienskneg nommer een nie vir dienskneg nommer twee vergewe nie, toe verval die vergifnis wat hy by sy heer gekry het.

Die gelykenis eindig met hierdie woorde

Vers 34 -35

En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie

Moenie dat daar nou onvergewensgesindheid in jou hart lê wat die vergifnis wat jy ontvang het toe jy tot bekering gekom het, ongedaan gaan maak nie.

Openbaring 3:5 is baie duidelik dat dit moontlik is dat iemand se naam uit die boek van die lewe uitgewis kan word.

Vergifnis is nie altyd maklik om te doen nie. Ons het vroeër die voorbeeld van die moordenaar gebruik. Ek sê nie vandag vir jou dit is altyd maklik nie, maar wat ek wel vir jou kan sê, is God ag dit baie belangrik en met Jesus in jou is dit moontlik.

En ek sal nie vandag getrou aan God se woord wees as ek nie vir jou sê, dat jy nie ‘n keuse het nie. Vergewe moet ons vergewe. Onvergifnis is die toesluit van deure en dit bind jou. Spreek die ander een vry sodat jy kan vry wees.

Mense sê partymaal dinge wat dit vir jou nog moeiliker maak ons te vergewe;

Het jy al gehoor van vegewe en vergeet. Dan sê hulle gou die Bybel sê mos God vergeet ons sonde. Wel dit staan nie in die Woord van God nie.

Hier is wat daar staan:

Jer 31:34  … want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Let op wat God sê: Hy sal daaraan nie weer dink nie, nie dat hy dit gaan vergeet. Wat dit wel vir ons sê is om terug te gaan na die woorde van 2 Kor 10:5 …om elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Dit is soos jou motor wat jy in die aand parker en die hele nag nie daaraan dink nie. In die oggend het jy nie daarvan vergeet nie.   So wil die Here dat jy ook op ‘n punt sal kom waar jy nie meer daaran dink nie. Met ander woorde dit waarvoor jy iemand anders vergewe laat jy nie toe om in jou kop rond te dwaal nie.

So wanneer die duiwel weer sy pyle op jou afskiet en jou wil laat glo dat jy nie kan vergewe nie of dat jy nie reg vergewe het nie, vang daardie gedagte en bring dit gehoorsaamheid van Christus.

Om te vergeet is nie ‘n blessing nie, dit beteken jy raak oud en jou brein weet nie altyd so lekker in watter laaitjie wat gebêre is nie.  Moenie dat iemand jou vertel jy moet vergeet om te kan vergewe nie.

Dit is wat jy maak met daardie slegte en seerkry gedagtes wat tel. Moenie toelaat dat dit jou lewe beheer nie.

‘n Ander mite is dat vergifnis en vertroue dieselfde ding is . Wel dit is nie.

Vertroue is iets wat verdien word oor tyd. Jy vertrou mos nie sommer enige iemand wat jy nou net ontmoet het nie. En partykeer vertrou ons nie eers mense wat ons al lank ken met sekere dinge nie.

Ek is seker almal van ons kan aan iets dink wat vir ons belangrik is en ons weet van iemand wat ons goed ken maar nie daarmee sal vertrou nie.  Met ander woorde as ek nou nie iemand met iets vertrou nie, is dit mos nie sonde.

Meskien het iemand in jou huis of familie jou seergemaak, iets gedoen wat jou vertroue in daardie persoon totaal vernietig het. Meskien was jy saam met iemand in ‘n besigheids transaksie en dit het nie uitgewerk nie. Wat dit ook al was, die vergifnis en vryspraak wat die Here van ons verwag hang nie af van ons vermoë om die een vir wie ons vergewe weer te vertrou nie.

Onthou egter, die Here is net so lief vir die person wat jy moet vergewe as vir  jou. Sy bloed het ook vir daardie persoon betaal. En Onthou negatiewe gedagtes teen ander is net so goed as om so ‘n person te vervloek. Ons kan nie kwaad bedink teenoor ander nie, maar goed. So spreek lewe en seën en as jy weet die persoon is nie gered nie, bid vir sy / haar siel.

Die vergifnis wat ons gee is op grond van die vergifnis wat ons reeds ontvang, dit is oor wat Jesus vir ons gedoen.  Dit gaan oor Jesus in ons vir wie alle ding moontlik is. Ja met Christus in ons kan en moet ons vergewe.

Leave a comment