Skepping – Fondasie in die Woord

God het die hemel, die aarde en die see in ses dae gemaak en alles wat daarin is.

God self sê en skryf met sy eie vinger op ‘n klip dat Hy in ses dae alles gemaak het.

Exo 20:11   Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Exo 31:17   Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

Exo 31:18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Die ses dae was 24 uur dae soos ons dit nou ken.

Gen 1:14 – 19 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.

God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.

En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.

En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

Gen 1:31- 2:1  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

 God is baie duidelik daarvan oortuig dat hy alles in ses dae gemaak het.

Alles is deur Jesus geskep(uit niks):

Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Rom 4:17 soos geskrywe is: Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.

Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Rom 11:36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Efes 3:9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

Kol 1:16   want wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte–alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

 

Dit is gemaak deur die krag en die arm van God:

 Jer 27:5   Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.

Jer 10:12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.

Jer 32:17   Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

Dit is gemaak deur die Gees van God.

Job 33:4  Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

Psalm 33:6   Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

Die skepping word in begin geplaas:

Gen 1:1-2   In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Gen 1:9-10 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

Petrus stem saam met Genesis 1 dat die mens op die aarde is sedert die skepping en dat die aarde uit water ontstaan het.

2 Pet 3:4   en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

2 Pet 3:5   Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

Die grondvesting van die aarde word ook in die begin geplaas:

Heb 1:10   en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

Psalm 104:5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

Jesus het altyd die indruk gelaat dat die mens  van die begin af deel van die skepping is. In nie een van Sy uitsprake is daar ‘n sweempie van getuienis dat daar ooit ‘n aarde sonder die mens bestaan het nie.

Mat 13:35   sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

Mat 25:34   Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

Mar 10:6   maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

Mar 13:19   Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

Luk 11:50   sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af…

Die duiwel kon nie ‘n mensemoordenaar van die begin af gewees het, indien daar nie mense in die begin was nie.

Joh 8:44   Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

 Die duiwel het in die begin van die skepping gesondig.

1 Joh 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

Moses erken ook dat die mens van die begin van die dae op die aarde was. Hy sê die vorige dae het begin vandat God die mens op die aarde geskape het.

Deut 4:32   Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

God sê dat Hy al van die begin af die einde verkondig. In dien daar nie mense op aarde in die begin was nie, aan wie het God dan die einde verkondig?

Jes 46:9-10   Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

Job se vriend Sofar reken ook die mens was nog altyd op die aarde:

Job 20:4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

Die vloed van Noag was ‘n globale / wêreld vloed.

Die belangrikheid van die vloed is onderliggend tot die verstaan van die sogenaamde gapings teorie (dat daar ‘n miljoene jare tydperk tussen Gen 1:1 en Gen 1:2  verloop het). Almal is dit eens dat ‘n wêreld vloed van die omvang wat in Genesis 7 & 8 beskryf word, die sogenaamde fossiel rekord sou uitwis. Al die sogenaamde bewyse van miljoene jare op die aarde sou dus nie daar wees nie. Aanhangers van die gapings teorie, goddelike evolusie of die dag tydperk teorie (hulle sê God het deur evolusie alles oor ‘n tydperk van biljoene jare tot stand gebring en een dag in Genesis verwys na ‘n tydperk van miljoene jare) wil dus nie erken dat die Noag vloed wêreld wyd was nie, maar dring daarop aan dat dit slegs lokaal tot Noag se omgewing was. Indien hulle die Noag vloed as wêreld wyd erken, moet hulle toegee dat die meeste fossiele wat gevind word, indien nie almal nie, aan die Noag vloed toegeskryf moet word en dat daar dus geen “bewyse” van biljoene jare se evolusie of ‘ n Lucifer vloed is nie. Sommige beweer dat die aarde na Genesis 1:1 deur ‘n groot vloed verwoes is, as gevolg van die val van die Satan. Ons het egter reeds gesien alles is in ses dae gemaak, ook die hele hemelse leër. Job 38:7 sê in elk geval al die môresterre en al die seuns van God het saam gejubel toe die aarde gegrond is. Die grondlegging van die aarde verwys na dag 3 van die skepping toe die waters op een plek versamel is, en die droë grond sigbaar geword het.  Psalm 24 sê: Hy het die aarde gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome. Dit is ‘n verwysing na Genesis 1 :9 wat daarop dui dat God die waters op een plek versamel het sodat die droë grond sigbaar word. Dat die grondlegging plaasgevind het toe die waters op een plek versamel is, word bevestig in Spr 8:29  toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het

Psalm 136: 6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Heb 1:10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

Die Woord van God is hieroor baie duidelik, die vloed was wêreld wyd.

Gen 6:7   Want kyk, Ék bring ‘n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ‘n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.

Gen 7:4   Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

Gen 7:19 – 20   En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was. Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.

Gen 7:23   So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.

Die berge van Ararat was onder die water, let wel die berg toppe het eers in die tiende maande sigbaar geword. Die berg Ararat is meer as 5000 meter hoog.

Gen 8:3 – 5    Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.

En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.

En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.

 Psalm 104 :6 – 9 U het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.

Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik-

berge het opgerys, laagtes het weggesak-na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

God rig ‘n verbond op dat so iets nie weer sou gebeur nie. Indien dit slegs ‘n lokale vloed was, het God nie by sy verbond gehou nie, want daar was al baie sulke vloede in die wêreld.

Gen 9:11  En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

Gen 9:15   dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ‘n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

Jes 54:9  Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.

Die woorde wêreld en aarde word baie keer sinoniem met mekaar in die Bybel gebruik, daarom weet ons dat die dood wat die wêreld (die aarde) ingekom het deur Adam kort na die skepping van die aarde gebeur het.

Job 38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

 Heb 4:3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie–alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

Heb 9:26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.

 Psa 102:25  (102:26) In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

Psalm 104:5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

Heb 1:10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

1 Joh 3: 8   Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

Rom 5:12  Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

1 Kor 15:22   Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Niks wat ‘n lewensgees in hulle gehad is doodgemaak voor Adam se val nie. Die mens en dier het plante as voedsel gehad. Die Bybel sê nie dat visse ‘n lewensgees het nie.

Gen 7:22  Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.(Met die vloed van Noag)

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Gen 1:29  Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.

Gen 1:30  Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

 

Die hele skepping ly as gevolg van die sonde val, nie net die mens nie, want God het die aarde vervloek.

Die mense wat nie glo dat God die skepping in ses 24 uur dae voltooi het nie, aanvaar ook nie dat die fisiese dood deur sonde die wêreld ingekom het nie. Hulle wil hê dat die dood weens sonde slegs na die geestelike dood van die mens verwys. Die Bybel leer egter duidelik dat die hele skepping deur die sondeval geraak is.

Gen 3:17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie–vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

Rom 8:18 -23  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Dit waarna die skepping verlang (met ander woorde dit wat voorheen was) word in Jesasa bekryf. Dit sal eers wees met die terugkeer van die Messias wanneer die verhouding tussen mense en diere weer volkome herstel sal wees.

Jes 11:6 – 8  Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.

Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;

en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.

Jes 65:25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.

Dit is duidelik dat die skepping wat wag om vrygemaak te word, die hele skepping is, nie net die mense nie. Die mense self gaan ook langer lewe. ‘n Man van 100 jaar word nog as kind gereken.

Jes 65:20 Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

 Die dood gaan eers aan die einde van die duisend jaar vrederyk, by die groot wit troon oordeel in die poel van vuur gewerp word.

Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

 Die heelal het ‘n einde.

Deut 4:32  Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

Deut 13: 7  uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde—

Deut 30:4  Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

Neh 1:9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen–al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

Psa 19: 6 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

  Jesus was beslis ‘n jong aarde kreasionis, Hy glo in Genesis.

Joh 5:46  Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.

Leave a comment