God het nog nooit Sy ooggetuie verslag oor die skepping verander nie, maar die wetenskap verander gereeld hulle bevindings oor die ontstaan en begin van die aarde.
Daar is baie goeie wetenskap in gebruik vandag en so is daar ook baie Christene aktief daarmee besig om die mens te dien met hul uitvindings. Almal aanvaar dit wat die operasionele wetenskap ons bied, met ander woorde dit wat getoets en gedemonstreer kan word, sonder enige teëspraak.
Dit is egter wanneer dit oor die oorsprong en ontstaan van die hemele en die aarde gaan, dat dit nie regtig gaan om geloof teenoor die wetenskap nie maar een geloof teenoor ‘n ander. Baie wil dit graag so laat klink en mense word dikwels deur die media om die bos gelei met opskrifte soos “ Religion against science debate”. Dit is hierdie false propaganda wat baie Christene oortuig om ‘n kompromie aan te gaan oor die geskiedenis soos uiteengesit in Genesis.
Die wat beweer dat die heelal biljoene jare gelede deur ‘n ontploffing van niks tot stand gekom het, glo dit net soos ek glo dat God die Hemel en aarde plus minus 6000 jaar gelede uit niks geskep het. Hulle kan nie dit wat hulle glo met natuurlike prosesse en eksperimente bewys nie, ek ook nie.
Daarom is beide geloof, niks anders nie. Ateïste en evolusioniste is, soos Huxley van ouds, nou hard besig om seker te maak die boodskap van evolusie word reg oor die wêreld met nuwe ywer uitgedra. Die kerk kan nie meer maak asof dit nie van belang is nie.
Dit is veral belangrik dat ons weet presies waaroor dit gaan wanneer oor evolusie teenoor die Christen geloof gepraat word. Christen kreasioniste (Christene wat die Genesis skeppings verhaal letterlik verstaan ) het geen probleem met wat verstaan word onder verandering oor tyd en dat verskillende spesies met tyd ontstaan het nie. Onthou die Bybels sê God het die verskillende soorte geskep, nie spesies nie.
Evolusioniste gebruik egter hierdie wetenskaplik verantwoordbare voorkomste in die natuur om ‘n ongelooflike, geloof sprong te maak, deur te verklaar:
- dat alles vanself uit niks ontstaan het (die oerknal),
- dat lewe op aarde toevallig vanself ontwikkel het (abiogenese ) en
- dat oor miljoene jare primitiewe een sel organismes tot komplekse meersellige lewe verander het (bakterië verander in bioloë / die padda word ‘n prins).
Maak dus sekere dat u verstaan wat presies die ander persoon bedoel, as hy/sy sê dat hulle in evolusie glo en dat evolusie sonder ‘n probleem met die Christen geloof vereenselwig kan word.
Enige iets wat in die natuur waargeneem kan word is geen probleem nie, dit is wanneer dit oor die oorsprong daarvan gaan dat daar twee uiteenlopende wêreld beskouinge is:
Die Christen Bybel gefundeerde beskouing:
- God het die hemel en aarde geskep, die oorspronklike soorte plante en diere asook die mens.
- Dit het alles in ses dae gebeur ongeveer 6000 jaar gelede.
- Die skepping het ‘n doel en die mens is op aarde om God te eer, te loof en prys en te aanbid.
- Die mense gaan eendag voor God staan en verantwoording doen oor sy lewe op aarde.
Evolusie – Die materialistiese / sekulêre humanistiese beskouing:
- Wat ons sien het vanself onstaan. Daar is geen God nie.
- Alles het oor biljoene jare gebeur.
- Niks het ‘n doel nie, alles is maar net die gevolg van natuurlike prosesse.
- Daar bestaan geen absolute morele kode nie, en die mens moet sy eie etiese standaarde neerlê na gelang van omstandighede en sy eie oordeel.
- Daar is geen lewe na die dood nie, wanneer jou liggaam sterf is dit die einde van jou bestaan