Die krag en waarde van Lofprysing

Die krag en waarde van Lofprysing

Daar is so baie om te sê oor lofprysing geliefdes, dat ‘n mens seker ‘n week nodig het. God het ons gemaak om ‘n intieme verhouding met Hom te hê en ek het vandag die voorreg om veral te fokus op die krag en waarde van lofprysing vir ons as kinders van God.

Dit klink vreemde nê. – Ons lofprysing aan God het waarde en krag in vir ons. Dit is net God wat so rojaal is om ons te seën terwyl ons Hom loof en prys.

1) God leef in ons lofprysing.

Ps 22:4 sê immers dat God woon in die lofsange van Sy kinders en v24 gee ons die opdrag om God te prys.

Daar is soveel redes om God te PRYS

Bv. Ps 103 en in PS 150 leer ons Waarmee ons God moet loof en wie God moet loof in PS 150:6 Almal wat asem het.

Ps 100 sê jy nader tot God met lof en dankseggings.

Die Woord is ‘n skatkis oor lofprysing, Hy is ons God, laat ons Hom dus loof en prys, dit is waarvoor ons gemaak is!

Om God te aanbid! Halleluja!!

2) Lofprysing gee vir jou krag.

Dawid sê in Ps 8:3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

Terwyl Jesus in Mat 21 in die tempel besig was om wonderwerke te doen, het die kinders Jesus geprys en uitgeroep “Hosanna vir die Seun van Dawid”. Die owerpriesters en skrifgeleerdes was verontwaardig hieroor en Jesus antwoord hulle: Mat 21:16 het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

Ons leer 2 goed Hieruit geliefdes:

Wat Dawid  sterkte noem – noem Jesus lof.

  1. a) Die sterkte / krag van God se kinders is lof.

Lofprysing is ons groot bron van krag – soos ons God loof en prys –ontvang ons Sy krag.

  1. b) Dat ons teëstanders, die vyand en wraakgieriges stilgemaak word wanneer ons God loof en prys.

Geliefdes, dit is ‘n feit: satan en sy demone hou nie daarvan as ons die Here loof en prys nie, want hull weet wat ons ontvang as dit doen, krag en soveel meer en God maak ons vyande stil.

3) Lofprysing is ‘n effektiewe wapen in geestelike oorlogvoering

Ps 149 Is ‘n unieke beskrywing van lofprysing as ‘n effektiewe wapen in geestelike oorlogvoering.

Halleluja! Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning! Laat hulle sy Naam loof in koordans,

Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk;

Hy versier die ootmoediges met heil.

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;

laat hulle jubel op hul bedde.

Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand; om wraak te oefen onder die heidene,

strafgerigte onder die volke;

om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

om ‘n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek.

‘n Eer is dit vir al sy gunsgenote!

Halleluja!

Ps 149 dui op lofprysing wat elke kind van God kan en moet doen – Sing, verheug, juig loof, psalmsing, juig, jubel , lofverheffing en wanneer ons die here so loof en prys is die Woord van God ‘n tweesnydende swaard in ons hande.

(Onthou Heb 4:12 Die Woord van God is lewend en kragting en skerper as enige tweesnydende swaard)

Lofprysing + God se Woord in ons lofprysinge gekombineerd is ‘n kragtige wapen teen satan en sy werke.

Wraak word uitgeoefen                  !

Strafgerigte                                       !

Hulle konings in kettings               !           God beoefen Sy Woord

Edeles met ysterboeie                     !           terwyl ons Hom loof !! en prys!!

‘n vonnis te voltrek                          !

En vir ons is dit ‘n eer, halleluja!!

4) lofprysing bring oorwinning oor jou vyande.

a) Ons leer uit 2 Kron 20 dat God geveg het vir die Jode. Die volk het tot God gebid en God antwoord hulle:

Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees.

V21 Sangers is opgestel, in heilige sieraad wat moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê:  Loof die Here, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

b) Hulle het ‘n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry – so baie dat hulle dit nie in een slag wegdra nie – 3 dae lank het hulle die buit ingesamel (v.25)

c) Hulle is met groot vreugde terug Jerusalem toe omdat die Here aan hulle vreugde verskaf het oor hul vyande (v27)

hulle het met harpe, siters en trompette na die huis van die Here opgetrek.

d) En die Skrik van God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die Here teen die vyande van Israel gestry (v29).

e) (v30) en die volk het rus gehad.

Jes 42:10 -12 Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af—julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.

Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!

Laat hulle aan die HERE die eer gee en sy lof in die eilande verkondig!

En dan hierdie awesome juwele van ‘n belofte in vers 13: Die HERE sal uittrek soos ‘n held; Hy sal die ywer opwek soos ‘n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.

5) Lofprysing laat boeie afval

Onthou ook hoe God ‘n aardbewing gestuur het in Hand 16 nadat Paulus en Silas in die tronk gegooi was. Teen middernag het hulle nog gebid en lofliedere tot eer van God gesing (v25).

God stuur ‘n groot aardbewing en die boeie van almal het losgeraak (v26)

Die uiteinde was dat die tronkbewaarder en sy hele gesin redding in Jesus Christus ontvang het.

Lofprysing het almal se boeie laat afval – so kragtig is ons lofprysing tot God dat Hy selfs die vrymaak wat by ons is, wat nie daarvoor gevra het nie!! Halleluja!

6) Lofprysing genees droë tye

In Num 21 lees ons van die Jode wat getrek het en by ‘n put gekom het wat nie water gehad het nie.

Ons lees in Verse 16 – 17 En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.

Toe het Israel hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing hom!

Besing Hom:

Lofprysing is die antwoord vir die droë tye.

Wat  elkeen van ons by tye ervaar geliefdes. Hier het lofprysing van God water uit die put laat vloei è Voorsiening. Ook.

7)  Lofprysing breek ‘n swaar atmosfeer / hardheid van hart

‘n Juweel wat ek ontdek het is in Hosea 10:11 Juda sal die ploeg trek.

U almal weet ‘n ploeg keer grond om, maak nie saak hoe hard nie.

Juda beteken LOFPRYSING

Vir my is die juwele geliefdes – dat ons lofprysing harde grond in ons harte omkeer

  • Dit sag maak sodat God se Woord – die goeie saad – daarin geplant kan word en vrug dra.

8) Lofprysing bring God se glorie / gemanifesteerde teenwoordigheid.

In 2 Kronieke 5:13 -14 lees ons… en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! —is die huis, die huis van die HERE, vervul met ‘n wolk.

En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.

God se teenwoordigheid – sigbaar

Ons lees die eerste keer van die wolk van God se teenwoordigheid in Exodus toe die Jode uit Egipte uittrek.

Ons lees ook dat elke keer as Moses by die tent van ontmoeting ingegaan het om met die Here te praat – die wolk oor die tent neergedaal het en God hom dan ontmoet het om met hom te praat.

Ons lees Jesus is met ‘n wolk opgeneem hemel toe.

Ons weet vandag is God se woonplek nie meer in handgemaakte tempels alleen nie, maar in ons – Sy kinders  – is die tempels van die Heilige Gees – dus geliefdes wanneer ons die Here loof en prys vul God ons met Homself! Halleleuja.

9) Lofprysing verdryf depressie

Geliefdes in Jesaja 61:3 lees ons van die kosbaarste profesiee van wat Jesus vir ons as mense sal kom doen.

V3  om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees

Geliefdes, ‘n verslae gees, is presies wat depressie is en jy voel treurig en asof jy geen vreugde het nie è soos iemand wat rou.

Maar prys God – geliefdes – die Here gee vir ons die antwoord hoe om depressie teen werk è ‘n gewaad van lofprysing (the garment of praise)

Onthou toe hierdie oppressing spirit (heaviness/verslae gees) Saul beetgepak het = was Dawid geroep om musiek te maak en terwyl Dawid God prys, het daar die salwing van die Heilige Gees met liedere en musiek è het die oppressing spirit gee pad (flee).

Wanneer ons God prys geliefdes is die Naam van Jesus soos salf uitgegiet (Hooglied 1:3) vir jou siel en gebroke hart.

10 Lofprysing bring God se hulp / verlossing

Ps 42:6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!

Ons sien hier dat God se aangesig gedraai is na die een wat Hom prys en die een / persoon wat God prys, se aangesig word opgelig deur God self.

En dan nog ‘n juweel geliefdes – in

Spreuke 18:16 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

Geliefdes dink net daaraan, wanneer ons die Here God aanbid is dit God wat vir ons plek maak by Hom en al die hemelinge want Hy wil hoor hoe ons Hom loof en prys uit ‘n opregte hart in Gees en waarheid.

Ek het eenkeer TV gekyk en Nelson Mandela was op en voor hom het ‘n man gespring en gedans en Nelson Mandela se lof besing.

Terwyl ek daarna kyk praat die Here met my – ‘n gewone man / lofpryser kom deur lofprysing in die teenwoordigheid van ‘n vername man (Nelson)

En terwyl die gewone man / lofpryser besig is om Nelson te loof en prys gee almal vir hom pad (maak vir hom plek)

En luister almal na hom.

Net so is dit as ons God loof en prys geliefdes! Ons behoort God baie meer te prys!! – Hy maak vir ons plek om na ons te luister.

Geliefdes, ek het nou so baie gesê maar ek vertrou dat dit ons almal sal inspireer om ons God te loof en prys – eerstens omdat Hy dit waardig is en dit verdien, en tweedens omdat God ons seën wanneer ons Hom loof en prys, ongeag ons nood of behoefte, vandag ontsluit dit vir uself deur lofprysing geliefde – God sal antwoord.

Wat ‘n God dien ons nie! Hy verdien alles van ons! Ja alles – Hy dink en bederf ons altyd – Hy sorg en help ons altyd.

Praise Him till the blessings come down.

Geliefdes wat jou nood ook al is vandag, begin deur God te loof en prys. Hy sal daarop reageer!!

God Bless you in abundance

Amen Joan xxxxxxx

2 thoughts on “Die krag en waarde van Lofprysing

  1. ‘n Groot DANKIE aan die skrywer. Net deur die stuk te lees maak ons opgewonde en lus om Jesus se naam te loof en te prys. Ons mis die werklike, opregte lofprysing en aanbidding. Ook die liedere wat almal ken. Die Kerke probeer sekulêre liedere naboots maar verloor die meerdere wanneer die orkeste / bands hulle ‘show’ lewer.
    Daar is ook baie meer Krag in eenheid wanneer ‘n hele gemeente saamsing en lede nie verdwaal in die rook, gekleurde, flikkerende ligte en mistige donkerte…
    Ons soek nou maar na ‘n Kerk waar ons saam met musiek (nie fout met bietjie meer as ‘n orrel of kitaar of klavier) kan deel wees van ‘n eerlike, opregte, sonder voorgee en ‘n blywende, inspirerende, kragtigige lofprysing en aanbidding fees.
    Groete
    Werner en Martie

    Like

Leave a reply to Andre Cancel reply